Geverifieerde Resensie

Great Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2673 resensies.

Prins Albert, Groot-Karoo

Travellers Rest

"Beslis 'n dorpie met sy eie bekoring en potensiaal. Oor die algemeen kan n toeris veilig voel,wat n uitsondering in SA is. Die inwoners is gasvry en vriendelik. Restaurante bied waarde vir geld. Ons sou graag langer wou vertoef."

Laingsburg, Groot-Karoo

Herambi Guest House

"Die dorp se netheid het ons opgeval. "

Prins Albert, Groot-Karoo

Travellers Rest

"Baie mooi dorpie, het dit geniet. Lekker eetplekkies, rustig en stil."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Lemoenfontein Game Lodge

"Verkwikking vir enige mens se siel."

Prins Albert, Groot-Karoo

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Ek sal beslis weer ‘n draai in Prins Albert gaan maak!"

Prins Albert, Groot-Karoo

Gecko Cottages

"Prins Albert is 'n belewenis! Vriendelike, skoon dorp met goeie diens op alle terreine. Die heerlikste eet- en kuierplekke. 'n Lafenis vir mens se siel."

Prins Albert, Groot-Karoo

Yellow House

"Dit is ons eerste keer wat ons Prins Albert besoek. Dit is 'n eg plattelandse dorp met 'n rustige atmosfeer. Lekker ontbyt geëet by die Koffiehuis. Baie mooi hotel, langs die Koffiehuis, met pragtige ou meubels. Ons sal volgende keer meer wil rondloop om die dorp te verken."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Garden Corner Guesthouse

"Gaan eet by 4 Sheep restaurant!"

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Bakgat Blyplek

"Baie aangename oornagplek, die weer is baie lekker en natuurlik 4 Sheep restaurant het puik kos en baie vriendelike personeel."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Die Kussinkie

"As die natuur in jou are is, is 'n besoek aan die Karoo Nasionale Park ook die moeite werd."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Die Kussinkie

"Ideale oornagbesremming tussen Kaapstad en Johannesburg. "

Prins Albert, Groot-Karoo

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Inwoners is vriendelik en hulpvaardig. Wonderlike rustige Karoo bestemming wat besoekers met ope arms ontvang. Veral die personeel by die Swartberg Hotel het ons laat welkom voel en was professioneel en vriendelik te alle tye. 'n Moet besoek dorp."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Altyd Lekker

"Baie mooi dorpie en vriendelike mense."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Die Kussinkie

"Vir slegs oorslaap is die dorp gerieflik. Eetplekke beskikbaar."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Biffie's Cottages

"Oulike winkelkompleks wat al die vername winkels het."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

De luxe @ The Shed Farmstall & Lucern Lodge

"Nou nie regtig 'n toerisme-aantreklikheid van groot omvang nie, maar ideaal vir oornag op pad Kaap toe of terug."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Steenbokkie Nature Reserve

"Baie geskiedkundige besienswaardighede, soos museums."

Prins Albert, Groot-Karoo

Swartberg Cottages

"Gaan loer in by The Showroom Theater! First Class Awesomeness voorwaar!"

Prins Albert, Groot-Karoo

Aloe Guest House

"Ons het die gevoel gekry dat die dorpie vasgesteek het in 'n vergange era en al die ou artefakte val nie noodwendig in almal se smaak nie. Dit is vir mense wat wil teruggaan in tyd en wat hou van die eksentrieke."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Lemoenfontein Game Lodge

"Lemoenfontein is 'n definitiewe stop!"

Prins Albert, Groot-Karoo

Prince Albert Country Stay

"Dit is 'n pragtige dorpie en die omgewing is net so mooi. Beslis 'n besoek werd!"

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

17 On Bird Guest House

"Dorp het baie agteruit gegaan. Ons wou die Chris Barnard museum besoek, maar dit het onveilig gelyk."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Garden Corner Guesthouse

"Beaufort-Wes is 'n baie gerieflike halfweg-huis wanneer jy ver sou reis en wat aanbeveel kan word."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Little Green World

"Die hoofstrate is 'n bietjie vuil en die geboue word nie opgepas soos 'n mens sal verwag van 'n dorp waardeur soveel mense beweeg nie."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Garden Corner Guesthouse

"Pragtige ou geboue met baie geskiedenis."

Prins Albert, Groot-Karoo

Aandrus

"The little Village is like a blast from the past, one feels like stepping back into yester year. Everything is so wholesome. Please do not loose the essence or upgrade and revamp like most of our old villages are doing. People look you straight on the eye. We are from CT so the stores closing early was a bit of a cultural shock. But that also taught us to take in the peace of the place. Prince Albert sells the best Kudu dry wors. I actually had an order sent from ,"Die Letterhuis". A farm I did not manage to visit this time around, but definitely on my to do list. I purchased a few items at the market. What a beautiful lady, "the owner of Die Letter Huis" telephonically managed to track down the lekker Kudu wors, nuts and beskuit. World class! I can just go on and on! Wish I could courier the pancakes. "

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Die Kussinkie

"Met die Karoo Nasionale Park naby is dit 'n toeristebestemmimg. Ons het by die slaghuis uitstekende diens ontvang."

Beaufort-Wes, Groot-Karoo

Cape Karoo Guesthouse

"Beaufort-Wes is nie net 'n goedgeplaasde oorslaapplek vir toeriste nie; dit bied ook interessante besienswaardighede in die dorp en omgewing wat maak dat mens eintlik meer as een nag daar moet oorbly."

Blad
Blad 71 - Wys 2101 tot 2130
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang