Verified Reviews
Great Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Great Karoo
Rated 4.3 out of 5 based on 2673 reviews.
"Prins Albert is 'n bekoorlike klein dorpie aan die voet van die Swartberge en dus is die omgewing pragtig, ten spyte van die droogte. Die strate is netjies en skoon en die mense vriendelik. Ek dink die Munisipaliteit moet egter aandag gee aan die lekker breë hoofstraat wat deur sommige inwoners en besoekers soms as 'n resiesbaan gebruik word - hulle steur hulle beslis nie aan die spoedbeperking nie. Spoedwalle kan dalk 'n opsie wees?"
"'n Dorpie vol geskiedenis. 'n Besoek aan die Fransie Pienaar Museum is 'n moet as jy belangstel in die geskiedenis van die omgewing. "
"Museum was geweldig interessant. Veral ouer dame wat daar werk en vloedramp self beleef het, het vertelling nog lewendiger gemaak."
"Prins Albert is 'n dorp vol geskiedenis en interessanthede. Dis besonders om die dorp van meer as 250 jaar oud te bewonder, met sy leivore, ou geboue, antieke grafte en groot bome. Heelwat restaurante om van te kies. Maak seker om ver vooruit te boek vir aandete as mens in vakansie seisoen soontoe gaan. Die hotel het 'n heerlike ontbyt plekkie en 'n Gin bar met 'n verskeidenheid plaaslike gins. Die dorp se kerk is pragtig en het sulke mooi ou huise. En as jy daar is, doen jouself n guns en ry die Swartberg pas, dit kan met 'n gewone kar gedoen word, en is regtig iets besonders om te sien. "
"Verskriklike mooi klein dorpie, sal weer daar bly, maak 'n draai by die Deli in die dorp en koop hulle Droog Rib, beste in SA!"
"Leersaam oor vloed en inligtingsborde in dorp. Aandete en koffiewinkels na ure net beperkte opsies. "
"It was good. We enjoyed the beautiful scenery and visiting different places there."
"Nee, ons was daar tydens 'n uitsonderlike droogte, is steeds 'n baie mooi Karoo-dorp met vriendelike mense."
"Vir die grootte van Prins Albert is daar so baie om te sien en te doen, Van Gay se kaas tot die beste museum in Suid Afrika."
"Vir die natuurliefhebber sal hierdie 'n paradys wees. Vir ons was dit selfs nou in die droogte pragtig. Die stilte, sterre en naggeluide was net wat ons gesoek het."