Verified Reviews
Hartbeespoort
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartbeespoort
Rated 4.5 out of 5 based on 659 reviews.
"Ons het vantevore daar deur gegaan en plekke besoek, maar dit was nogal ’n ondervinding om oor die dam te gaan (was nog nie daaroor nie.) Die kabelkar op die berg op was ’n belewenis. Net jammer dat daar geen toegang tot die dam self is nie - of ons het dit nie gekry nie. Die onderstebo huis was baie oulik en so ook die kafee met die Parys-tema. Ons het ons verblyf baie geniet."
"Baie toeriste-aantreklikhede in en om Hartbeespoort om mens lekker besig te hou."
"Baie lekker dorp om vir 'n naweek te besoek, maar was geskok om die toestand van die dam te sien. Byna die helfte is toegegroei. Daar moet dringend iets aan gedoen word."
"Hartebeespoort is beautiful place. We'll still return there at another venue."
"Ideale ontsnapping van die stadsgewoel met genoeg aktiwiteite vir enige begroting."
"Dit is 'n plek wat vir alle mense geleentheid bied om hulle belangstellings en begeertes uit te leef. Dit is vir die Gautengse stedeling en Noord-Wes inwoners baie gerieflik geleë vir korter of langer uitstappies."
"Hartbeespoort het beslis genoeg om jonk en oud besig te hou. Die gunsteling was Cameleon Village met die Leeu Park, winkeltjies en verskeie restaurante. Die verkopers by die dam wal kan bietjie lastig wees maar dis die moeite werd om daar om te ry. Vir die boekwurms is daar 'n goedkoop boekwinkel by Damdoryn Junction wat ook Langspeel Plate en Xbox/PS speletjies teen spot goedkoop pryse verkoop."
"Die olifante was 'n ongelooflike ervaring by die "Elephant and Monkey Sanctuary." Harties Boat Cruises is 'n ramp met bote wat oorlaai is ten opsigte van COVID-regulasies. Jy kan nie kanseleer nie en hulle betaal ook nie jou geld terug nie."
"Baie mooi bestemming. Bly net weg van Jasmyn af vroeg op ’n Sondagoggend, dis vreeslik besig."
"Baie om te doen, lekker eetplekke, baie om te gaan sien! Maak gerus 'n naweek daaruit."