Geverifieerde Resensie
Hartbeespoort
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hartbeespoort bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 550 resensies.
"Die dieretuin was regtig goeie waarde vir geld en ons het dit baie geniet. Chameleon Village het baie om te doen vir klein en groot. Omgewing pragtig en redelik rustig. Genoeg restaurante vir elkeen se smaak. Al die mense wat hulle goedere aan jou probeer verkwansel by die damwal se oorgang is steurend, asook die extra tien karre of so wat oor die rooi ligte ry aan beide kante van die dam en dus die hele verkeer-reguleringskedule van balans gooi is 'n probleem waaraan hulle kan aandag gee."
"Daar is heelwat te doen, die kabelkarretjie, Pretville en die Magalies Park-kolgansbootrit was definitief hoogtepunte!"
"Baie verskeidenheid besienswaardighede en eetplekke en lieflike atmosfeer. "
"Die pad is bietjie sleg maar die moeite werd gewees, sal regtig weer gaan kuier. Hartebeespoort was ons kuier plek vir oor die 15 jaar, want ons bly in Centurion."
"Te veel om te doen in so "kort" langnaweek, sal binnekort weer moet gaan. Moet nog baie doen."
"I love Harties, not far from home, perfect getaway but as always busy busy but that's cool. Loved it. So much to do just disappointed as we would have loved to do the Elephant Sanctuary but so overpriced for South Africans. I can fly to Durban and back with that payment to see my grandson. That's what I plan to do. "
"Ek het daar naby groot geword en die dam was altyd wonderlik. Nou is die dorp baie besig en is daar om elke hoek en draai bedelaars en leeglêers."
"Hartebeestpoort is a great place, can't fault it. I'll never book with travel ground again even if they offer 50% off a great place."
"Verwaarloos maar baie nice. Kan werklik 'n toeristeparadys word as hul aandag aan Hartbeespoort en omgewing begin bestee."
"Dieretuin is puik. Eetplekke is uit die boonste rakke. Dorp is mooi skoon. Almal is vriendelik. Sal Hartbeespoort weer besoek."
"Die paaie is ongelooflik sleg, jy swaai meer uit vir slaggate as wat jy reguit ry op die pad. Dit is wel nie orals nie, maar Schoemanville veral."
"Sal weer in Hartbeespoort kuier. Net jammer straatsmouse by die tonnel is so aggressief."
"Baie om te doen ons was wel in die week daar en baie van die plekke is net naweke oop maar ons sal Hartbeespoort beslis weer besoek!"
"Baie toeriste-aantreklikhede in en om Hartbeespoort om mens lekker besig te hou."
"Baie lekker dorp om vir 'n naweek te besoek, maar was geskok om die toestand van die dam te sien. Byna die helfte is toegegroei. Daar moet dringend iets aan gedoen word."
"Hartebeespoort is beautiful place. We'll still return there at another venue."
"Ideale ontsnapping van die stadsgewoel met genoeg aktiwiteite vir enige begroting."
"Dit is 'n plek wat vir alle mense geleentheid bied om hulle belangstellings en begeertes uit te leef. Dit is vir die Gautengse stedeling en Noord-Wes inwoners baie gerieflik geleë vir korter of langer uitstappies."