Verified Reviews
Hermanus
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hermanus
Rated 4.8 out of 5 based on 1081 reviews.
"Sandbaai is 'n lieflike dorp naby Hermanus met al die winkels binne bereik. Die mense is vriendelik en ons het ons vakansie werklik geniet. "
"Voorwaar 'n mooi en lekker plekkie om te bly. Mense baie vriendelik. Alle winkels en mediese behoeftes byderhand."
"There is no Mr Delivery or at least not one that we could pickup on our search."
"Hermanus is ‘n beeldskone kusdorp, die cliff paths staproete is ‘n moet, paar mooi strande, hordes lekker en goeie eetplekke, ongelooflike goeie wynplase met restaurante in die omgewing. Daar is ook ander oulike klein kusdorpies naby. ‘n Mens kan nie verkeerd gaan met ’n vakansie in die omgewing nie. Baie om te sien en te doen. "
"Daar is veel te sien in hierdie pragtige stukkie van die Wes-Kaap."
"This was our first visit to Hermanus and unfortunately we did not get the full experience because of the unrest."
"Ons het die wynproe in die Hemel en Aarde Vallei baie geniet - daar is die mooiste wynlandgoedere!"
"Glo nie jy kan sommer mooier kry nie en wat dit so spesiaal maak is dat die honde net so deel van die gemeenskap is, word tot in 'n gedeelte van die restaurant (Milkwood) toegelaat om saam te kuier. Die wandelpad is pragtig, netjies en veilig en ook daar is geen tekort aan die vierpoot gemeenskap, wat dit meer spesiaal maak, nie. Voel regtig baie veilig daar en ook 'n plek waar jy net kan rus in vrede."
"Pragtige omgewing. Dit was vir ons lekker dat dit net so 'n entjie uit die besige gedeelte van Hermanus is. Dit is opvallend hoe skoon die dorp is. Sal beslis weer hier wil vakansie hou."
"Lekker sentraal en met die nuwe mall so naby hoef mens nie eens ver te ry vir jou daaglikse inkopies nie."
"Ons besoek Hermanus vir baie jare al eenkeer per jaar en sal dit weer doen solank as wat ons kan."
"Nie so gelukkig met eetplekke rondom die hotelle nie, want nie almal wil oorprys word nie en die toeriste kan wiskunde doen. Byvoorbeeld: dieselfde kettingrestaurant in die Kaap is 75% goedkoper. "