Geverifieerde Resensie
Hopetown
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hopetown bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.3 uit 5 gekry volgens 106 resensies.
"Dit is 'n goeie oornagplek met min anders in die dorp self. Daar is egter heelwat toeristeaantreklikhede in die omgewing."
"Die betrokke munisipaliteit moet 'n ernstige poging aanwend om sy strate op te gradeer/verbeter!"
"Alles is toe, vervalle, maar die plaaslike Boere koöperasie is 'n lus vir die oog."
"Vriendelike mense. Lekker om kinders in die straat te sien speel. Die ou wabrug se aanduiding buite die dorp het ontbreek, maar kon dit wel opspoor."
"Hopetown die dorpie is 'n bietjie verlate met 'n probleem van restaurante wat nie oor naweke baie laat oopbly nie."
"Dit is die perfekte halfpad-stop as jy van Gauteng/Limpopo moet Kaap toe reis."
"Ongelukkig het die reuk van brandende buitebande na die ANC-oproer lank in die lug bly hang."
"Lyk na 'n baie stil plattelandse plekkie met min te doen in 'n rustige omgewing."
"Goeie oornagplek tussen Kaap en Gauteng. Dorpie baie verwaarloos, maar mense vriendelik."
"Die dorp het baie agteruit gegaan. Ons het 30 jaar terug daar gebly, maar dis maar die geval met al die plattelandse plekkies."
"Koop aandete voor aankoms of neem padkos saam. Veilige dorp. As tussen Kaapstad en Pretoria reis, is dit oorweldigend die ideale plek om te oornag. Uit Pretoria kan jy tot 09:00 vertrek en nog rustig in Hopetown aankom. Erken die 60 km borde hulle is altyd op spoedwag. oppas vir slaggate met indraai na dorp, nie te bad. "