Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.
"Prins Albert is prentjiemooi met ongelooflike hartlike mense. Beveel die Lazy Lizzard aan vir uitstekende ontbyt. Dis 'n plek waar die lewe weer sin maak!"
"Krag af oggend met ons vertrek. Nie beurtkrag. Fase af op netwerk ... soos baie ander plekke in ons SA."
"Willowmore is in 'n baie mooi omgewing met vriendelike mense. Dit is naby Meiringspoort en die Baviaanskloof."
"Besoek die Vosburg as julle kan. Nog iets van outydse atmosfeer en belewenis daar te vinde."
"Net gebruik gemaak as oornagplek en het dus nie verder die dorp en omgewing ontdek nie."
"Die mooi Karoo-omgewing is altyd goed om te beleef. Die dorp se geskiedenis is interessant SA se eerste bekende ramp as gevolg van oorstromings het hier in die 1840's plaasgevind."
"Colesberg het heelwat gastehuise, maar die ander besienswaardighede is maar min."
"'n Pragtige juweel van 'n dorpie wat baie meer bied as net die Uilhuis. Stap deur die strate, ry op die donkiekar en geniet alles wat die dorp bied."
"Dit is 'n baie goeie oornagbestemming as mens wil rus vir die nag. Andersins lyk dit nie of daar veel te sien is nie."
"The town is clean and tidy. Definitely somewhere that we would like to visit and stay again."
"Victoria-Wes is net 'n deurry-dorpie, maar daar is mooi plekke om oor te slaap. Ons wou die stilte en natuur van die Karoo indrink."