Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11282 reviews.
"Ons het sommer te voet die strate ingevaar en die Karoo-boustyl beloer en waardeer."
"Die dorpie het baie potensiaal as 'n oornag vertoef vir reisigers op pad Kaapstad toe. Die armoede wat in die dorp baie sigbaar is, kan hokgeslaan word, deur die dorpie se uitstekende ligging op die N1 meer innoverend te gebruik."
"Heerlik om verras te word met die verskeie eetplekkies wat daar te vinde is. Ware rus vir die siel en vir die moeë reisiger. Slaap beslis vir ten minste twee aande in die omgewing."
"Mooiste plattelandse dorpie. Histories en modern. Verlief op die kerk. Beslis die mooiste kerk in SA."
"At the moment - super dry. But these people have not let go of their pride of looking after and maintaining their pride and joy. Super proud of them."
"Daar is nie baie te doen in die dorp nie. Op pad na Strydenburg is daar ‘n wonderlike padstal Kambro. Dit is ‘n moet!! Heerlike koffie, tuisgemaakte pasteie, melktert en baie meer!!! "
"Dit is 'n klein dorpie maar oral is ons baie vriendelik en met belangstelling deur die inwoners ontvang."
"Dit is nog goed om al die historiese geboue te sien en dat dit bewaar word."
"Rustige, klein Karoo-dorpie met die nodigste kruideniersware beskikbaar. Goed geleë om die Kamdeboo Nasionale Park te besoek."
"Die vullis en verval het my ontstel! Ek wou met mannekrag al die vullis verwyder. Die dorp kan so pragtig vertoon, maar plek-plek voel dit asof mens deur 'n vullisblik ry."
"Bly eerder naby die water. Sonsondergang en oggende is absoluut asemrowend. Baie voël lewe."
"Baie rustig en die mooiste natuur. Die plaaslike inwoners kan 'n bietjie van 'n las wees. "