Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Die koffieplekkie op die dorp moét besoek word! Snobs Coffee rooster-koffiebone op die perseel. Hulle bedien ook koffie uit die boonste rakke en heerlike ontbyt, koek, quiche en koffiebone of gemaelde koffie is ook beskikbaar. "
"Was so lekker om rond te stap en veilig te voel en almal is so vriendelik!"
"Doen moeite om die pragtige huise en geboue uit die verlede te besigtig. 'n Ete by die KaRoux Restaurant is 'n moet!"
"Baie mooi skoon en stil omgewing. Miskien sal meer inligting oor die dorp en omgewing bydrae om dit meer aantreklik vir dag-toeriste te maak. Die Britstown-Vosburg-Carnarvon-Williston-Calvinia roete bied 'n goeie alternatiewe roete tussen Gauteng en die Wes-Kaap, met Vosburg goed geleë vir oornag."
"Lovely little town. I loved the museum, very well curated and kept in good condition, with lots of information available - and bookstores a real treasure trove of books! "
"Dit het ons harte baie seer gemaak om te sien hoe droog dit is, maar ons het water saamgeneem, sodat ons nie die druk op die dorp vererger nie. Al was daar absoluut geen water nie, sou ons steeds daarheen reis."
"Vir die ski/motorboot-entoesias is daar genoeg om te doen en die restaurant Tjailatyd bied uitstekende diens, goeie kos teen baie goeie pryse!"
"‘n Besoek aan die karaktervolle dorpie behoort op almal se emmerskoplys te wees. Bly ‘n paar dae, die rustigheid en stilte is verslawend. Hier is nie brandstof of kitsbanke nie, maar die winkel hou voorraad van meer as net die basiese waarmee jy sal klaarkom as jy niks saamgebring het nie: gevriesde vleis, blikkieskos, meel, rys, vars vrugte en groente (beperk), vars melk, kaas, botter, koekies, roomys, lekkergoed, gebottelde water, ys, toiletware en skoonmaakmiddels, om net ‘n paar te noem."
"Baie oulike dorpie. Mens moet eenkeer in jou lewe op Williston oorslaap. Die stofstraatjies maak my rustig!"
"Pragtige, skoon dorpie met die beste, oudste, werkende teater! Eet gerus by die hotel. "
"Ten spyte van die droogte is Graaff-Reinet 'n pragtige dorpie. Die mense is ten spyte van uitdagings positief en gasvry."
"As jy die dorp en sy mense wil leer ken, maak ‘n punt daarvan om Saterdagoggend, 7:00, die parkrun by die sportveld by te woon. Dis die moeite werd! Daar is ook geleentheid vir goedwilligheid."