Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11392 resensies.
"Pragtige dorpie wat die reisiger op pad Kaap toe gerus kan besoek. Net baie koud in die winter. Sal eerder dit net in die somer besoek."
"Die Oujaar trekker-en-sleepwa het so prettig gelyk. Lekker atmosfeer in die dorp. Gevoel van veiligheid."
"'n Ongelooflike mooi plek wat hopelik net so sal bly! Ons sal weer en weer daarheen gaan. Daar is nog so baie wat ons daar wil doen."
"Lekker plekkie, maar Beaufort-Wes is opsigself nie baie skoon nie, maar andersins was daar nie enige probleme nie."
"Pragtige Karoo-dorpie wat ons nou al spesiaal raak ry oppad af Kaap toe. Die rustigheid van die omgewing en dan nog die pragtige natuurskoon is ook so lekker. Definitief die moeite werd om te kom."
"Probeer gerus die 4 Sheep restaurant en deli. Bespreek ook eerder in 'n ander straat as die hoofstraat, soos bv. Voortrekkerweg indien jul nie hou van baie geraas nie. Voortrekkerweg het lieflike oornagplekkies."
"Die Swartbergpas was ‘n belewenis en ongelooflik mooi. Prins Albert is pragtige en skoon karoodorp met lekker winkels en mooi oorslaapplekke."
"Ons het nie regtig Britstown verken nie, het net oornag en die volgende oggend weer vertrek."
"Dis 'n baie mooi en rustige ou dorpie, perfekte plek om oor te slaap, in die Karoo!"
"De Rust is 'n móét besoek dorpie, waar alles skoon en netjies is. Die vriendelikste, gasvry mense. Oulike restaurant en koffiewinkels. Pragtige natuurskoon."
"Dorpie is oulik, maar vuil. Gemors oral in die strate, hartseer dat so oulike dorpie vervuil word."
"Die dorp het grotendeels verval. The White House behou egter die finesse waarvoor die dorp beroemd geword het. Maar daaromheen sal die gemeenskap moet begin opruim en op datum kom."