Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11351 reviews.
"Britstown is 'n pragtige dorp en ons almal kan 'n bladsy vat uit Britstown se boek hoe om nederig en ordentlik te wees. "
"Daar is baie geskiedenis verbonde aan die dorp. Ons sal graag langer wil vertoef om alles te ondersoek."
"Ek was regtig verbaas oor die dorpie se kultuur en museums ens. Ek het heerlike geëet by die Vetmuis! So rustige atmosfeer. Ek is spyt ek het nie meer verkenning gedoen daar nie. Sal dit beslis aanbeveel."
"Hoewel Colesberg so bietjie van die Groot Karoo bekoring het, sien ek dit maar net as 'n oornagplekkie. Die mense in die Groot Karoo, en dan ook Colesberg, is almal baie vriendelik en hulpvaardig (restaurant, verblyf, petrol garage, winkeltjies - almal). "
"Redelik maar sal eerder so 80 - 100 km nader aan Graaff Reinet wou oorslaap, maar is huiwerig waar om te gaan. Die webtuiste se "ratings" is nie altyd op standaard nie. "
"Graaff-Reinet het iets te bied vir elke persoon. Bo en behalwe die netheid van die dorp wat ek opgeval het, is die wyse waarop inwoners poog om ou geboue in stand te hou en so die geskiedenis en karakter van die dorp te koester en te bewaar. Die Moederkerk aan die bo-punt van die hoofstraat is asemrowend, maar mens mis iets van die karakter indien jy nie stilhou en die kerk van binne gaan besigtig nie. Dan is daar die Vallei van Verlatenheid - 'n moet sien vir elke natuur liefhebber. Ten minste een volle dag is nodig om Graaff-Reinet behoorlik te verken. "
"Die "Valley of Desolation" is net 'n kort ent uit die dorp en heeltemal die moeite werd vir 'n sonsondergang uitstappie."
"Sou graag die Kokkedoor stoor wou gaan sien het, maar kon nie eens daar inkom nie."
"Die dorp het goeie potensiaal, maar daar blyk nie 'n saamstaanaksie te wees om die dorp op die kaart te plaas nie - dorp is in meer as 1 opsig erg verwaarloos wat mens onseker laat oor jou neus by die deur uit te steek. Daar is ook nie aksies deur gastehuise om jou met 'spesiale vervoer' bakkies of bussies na besienswaardighede te vat nie - wat natuurlik op 'n warmsdag 'n swemplek kan insluit. Die wildsplase doen dit met groot sukses."
"Lieflike Karoo dorpie om te besoek. Wonderlike winkeltjies en baie lekker plekke om te eet. Die slaghuis het van die lekkerste vleis en die "limo" is die ster van die dorp. Mense is gasvry en vriendelik. "
"Ons was nie juis ver in die dorp in nie, maar dit lyk na 'n rustige dorpie met vriendelike mense."
"Colesberg is eintlik 'n oornagplek vir reisigers van die binneland en terug af, maar dit is 'n dorp van groot historiese betekenis met baie mooi geboue."
"Bekoorlike dorpie met vriendelike mense. Baie mooi en rustig."
"If you’re looking for Karoo rustic then Richmond is the place. An eclectic old town with character and some interesting shops and a wonderful art gallery. Lovely sunsets and great hospitality."
"'n Gebied wat baie droog is en ons is jammer vir die boere en mense wat daar kop bo water moet hou!"
"Lekker restaurant langs hotel. Kos uit die boonste rakke en diens wat jy in top restaurant verwag. Die kelnerin se absolute professionele diens was tops. Pryse baie billik."
"Dit sal wonderlik wees as daar iets aan die gate in die pad gedoen kan word. "