Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11392 resensies.
"We always stay in Prince albert but this year its so lacking in quaint shops, friendly people etc - only vibe good food and friendly people was at the hotel - Feels like Prince Albert has passed its peak as a stopover."
"Colesberg is 'n mooi dorp, jammer dat al die restaurante (behalwe die Wimpy) en kruidenierwinkels op Kersdag toe is. Toerisme is 'n 365-dag besigheid."
"Die dorp is oor die algemeen baie verwaarloos, maar die ou historiese geboue, veral die NG-Kerk maak hiervoor op."
"Ek sal vir seker daar kan bly, dit is rustig en die natuurskoon is asemrowend."
"Die gemeenskap is vriendelik en baie behulpsaam. Daar moet net op die websites gesit word watter restaurant beskikbaar is. Veral as mens na 6 daar aankom, anders gaan jy honger slaap."
"Found the town charming, but the vagrants and empty liquor bottles at the WW1 and WW2 memorial were disgusting!"
"Die dorp is baie oulik. Die mense van die dorp het ons met vriendelikheid ontvang en gehelp toe ons band vervang moes word."
"Pragtige dorp met lekker eetplekke. Wanneer jy net deurry sien jy nie die mooi nie."
"Interessante dorpie met baie vriendelike mense. Mooiste pophuisies en 'n baie oulike restaurant."
"Ek kan nie dink dat die sterre in Sutherland enigsins mooier is as in Carnarvon nie!"
"Dit was goed om Middelburg om te ry, ons kon so die ergste verkeer omseil."
"Om oor die damwal te kon ry en by die uitkykpunte te kon stop en die wal te kon aanskou was regtig iets om te onthou."
"Die mooiste dorpie met soveel om te sien. Die rustigheid is voelbaar en die huisies en omgewing is 'n bonus vir toeriste!"
"De Aar is miskien te 'n rustige dorpie. Ken nie regtig die omgewing nie. Dit lyk skoon, net baie rondloper honde."
"If you enjoy the quaint, the quiet and the different as well as beautiful scenery, Noupoort should be on your list."
"'n Moet-bestemming! Interessante geskiedenis en absoluut pragtig! Victoria West is 'n interessante dorpie, besoek gerus die Monument. "
"Baie rustige plek om oor te slaap - baie goed. Hulle kan dalk meer klem lê op waar toeriste heen kan gaan en plekke van belangstelling op 'n kaart sit en by elke gastehuis uitdeel aan besoekers."
"Histories is Graaff-Reinet een van die topbestemmings om te besoek. Ons het nie net oorgeslaap nie, maar 'n nag ekstra gebly sodat ons 'n paar museums ook kon besoek, wat definitief die moeite werd was."
"Britstown is 'n pragtige dorp en ons almal kan 'n bladsy vat uit Britstown se boek hoe om nederig en ordentlik te wees. "
"Daar is baie geskiedenis verbonde aan die dorp. Ons sal graag langer wil vertoef om alles te ondersoek."
"Ek was regtig verbaas oor die dorpie se kultuur en museums ens. Ek het heerlike geëet by die Vetmuis! So rustige atmosfeer. Ek is spyt ek het nie meer verkenning gedoen daar nie. Sal dit beslis aanbeveel."