Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"Water restrictions are killing the town! Businesses are struggling. Rome is burning and a pathetic municipality is watching it all going down! "
"Die dorp wat 'n wonderlike kombinasie bied tussen geskiedenis, natuur, argitektuur, eet-ervarings, plattelandse gasvryheid en vista's. Mens ry nie net deur Graaff-Reinet nie, jy bly oor!"
"Kan net sê dat die warm verwelkoming van die personeel van die Merino Junction beslis net so warm is as die temperatuur van die omgewing."
"Prins Albert is 'n ontvlugting vir dié wat 'n gejaagde lewe ly. Hier kan jy ontspan, hardloop, fietsry, olywe en wyn proe en bitter lekker eet! Dit is ook 'n bonus as jy lief is vir die natuur. Die Swartbergpas is iets om te beleef, daar is staproetes en as jy jou verblyf reg kies, uitsigte wat jou asem wegslaan. Beslis 'n plek om te besoek!"
"Goed om oor te stop voor nog 'n lang dag op die pad, nie 'n plekkie om te gaan rondloop en besigtig nie."
"Hierdie plek is na ons mening 'n moet-besoek. Wonderlike plek en die donkiekarrit saam met Jacob was 'n belewenis."
"Dorpie met baie interessante plekke om te besoek - baie geskiedenis en onverwagte mooi natuurskoon."
"Weet dit sal dalk nie in almal se smaak val nie, maar ek was al 'n paar keer daar en sal weer gaan. Probeer elke keer iets koop by die kunstenaars buite die Uilhuis, hul pryse is billik. Dorpie en mense met soveel hart & warmte."
"Colesberg is 'n pragtige dorpie wat baie het om aan die reisiger te bied. "
"Daar is pragtige, ou geboue, maar ongelukkig lyk dit of die midde-dorp leeg is."
"Die hoeveelheid rommel in die strate is kommerwekkend. Ons het Graaff-Reinet nog nooit so vuil gesien nie."
"Het net tyd gehad vir 'n kort stappie om die ou kerk en met die omliggende strate langs. Volgens 'n brosjure het die dorp 'n museum wat klaarblyklik wonderlike inligting en uitstallings oor die dorp en die omgewing bevat. Volgende keer sal ons dit beslis deel maak van ons verblyf."