Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"Dit is 'n móét. Ons het die veral die appliekwerk-uitstalling van die skeppingsverhale en die tradisionele vertellinge van die oorspronklike inwoners van hierdie gebied waardeer. Die kurator het moeite gedoen om die stukke wat nog toegevou was, oop te maak, en elke verhaal te vertel. Dit was veral betekenisvol omdat dit op Erfenisdag was en ons kon sien met hoeveel sorg dié groep mense hulle nalatenskap eer en bewaar. Niks wat ek opgelees het oor die Uilhuis kon reg doen aan die kreatiwiteit wat in die huis uitgeleef is nie. Dit is altyd verbasend om te sien hoe 'n kunstenaar kan realiseer wat in hulle wêreld gebeur. Ons het ook die fossielmuseum besoek en ook daar was ons beïndruk met die passie wat die gids gehad het vir die vakgebied. Dit is net jammer dat ons tyd beperk was, want ons sou soveel meer wou sien en doen."
"'n Pragtige skoon en netjiese dorpie! Die dorp het 'n bekoring van sy eie en die inwoners is so vriendelik!"
"Mooi klein dorpie in die Karoo. Ons het net deurgery so het nie die plek verken nie."
"Somersetstraat brei meer en meer uit, en dis baie oulik. Ek voel bietjie onveilig hierdie jaar, wat jammer is, want ek is baie lief vir die klein plekkie."
"Die dorp het wel vir my baie agteruitgegaan en dis 'n groot jammerte, aangesien hy so sentraal geleë is tussen Kaapstad en Johannesburg."
"Sal enige tyd The Ghost Walk van Ailsa Tudhope aanbeveel, dink dit is 'n moet-doen vir enige iemand wat Prins Albert vir die eerste keer wil besoek."
"Dis 'n mooi dorp, maar die groot aantal kinders wat by elke straathoek by motoriste bedel is onstellend. Daar is ook oral langs paaie gebreekte glas en rommel wat in die bosse rondlê. Die strate self was redelik goed skoongemaak, maar moenie gaan stap af van die hoofroetes nie."
"Pragtige omgewing en ek kan 4 Sheep restaurant aanbeveel en is 'n wenner. Heerlike kos wat bekostigbaar is en vriendelike kelners."
"Hierdie plek laat jou soos 'n koning voel. Ontvangs en diens is uitstekend. Heerlike aandete by die restaurant geniet en ontbyt by die gastehuis. Baie dankie Pieter. Sal beslis weer volgende keer daar oorbly."
"Voel jammer vir mense in Beaufort-Wes oor hulle waterprobleme. Hoop regtig hulle kry gou genoegsame reën."