Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"Hulle Spar is toe op 'n Sondag. Moet dus nie beplan om inkopies te doen nie!"
"Het die lekker gesellige markie besoek waar ons vars plaasprodukte kon bekom, asook geselsies kon aanknoop met plaaslike inwoners. Was 'n belewenis. Ook lekker winkeltjies om te besoek. "
"Dit is 'n pragtige ou dorp met heelwat besienswaardighede. Oral hartlik ontvang. Vallei van Verlatenheid is 'n moet om te sien. Die pragtig gerestoureerde Hotel is ongelooflik mooi om te sien."
"Die Mannetjies Roux museum kan besoek word. Die Merino Restaurant berei die lekkerste skaapvleisdisse."
"Mooi, skoon dorpie met netjiese huise. Het heerlik by die Tower Restaurant geëet. Dis 'n wenner plek met vriendelike mense."
" Nice quiet town for relaxing and de-stressing, after being in the city. We couldn't find where to get access to the dam for fishing though, other than through the 2 resorts."
"Wonderlike eetplekke, pragtige, skoon dorp met vriendelike mense, hoop ons het volgende keer meer tyd om die plek te verken."
"Ons het die naweek van die Meiringspoort Fiets wedren gekies, wat toevallig ook die naweek van die Kerk basaar was. Het dit vreeslik geniet, maar ek dink oor die algemeen is De Rust stil, en daar is nie veel vermaak nie. Mens moet verstaan dat dit 'n "wegkomkans" is wanneer jy De Rust kies as bestemming! "
"Georg Restaurant kan net so wel in die Suidelike Voorstede van Kaapstad gewees het! En dis in Aberdeen, Suid Afrika. Georg Restaurant is 'n moet om te besoek. Die Karoo lam tjops was keurig bedien saam met groente en aartappel-koekies. Die nagereg van malva poeding saam met roomys was heeltemal te veel vir een persoon. Daar is ook ander interessante geregte op die spyskaart, soos wildsvleis saam met blou kaas! Ons gaan weer Georg Restaurant besoek!"
"Mooi skoon, rustige Karoodorp om 'n paar dae te rus. Mens kan lekker stap. Baie mooi kerk. Interessante kunswerke. Pragtige Karoo-natuurskoon."
"'n Vreeslike oulike, stil en rustige plekkie, een van die netjieser Karoo-dorpies."
"Besoek gerus die mark op ‘n Saterdag. Het elke oomblik van die dorpie geniet."
"Do not rush by on the N12! Go slow and see the wonderful country we have. We are going to come back for a visit to Victoria West and see the sights and play amateur radio in the koppies around town and find the geocaches!"
"Die Karoo het 'n spesiale bekoring en die Drie Susters voel soos 'n plek waar mens tuis is."