Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Karaktervolle Karoo-huise en Victoriaanse huise en historiese geboue. Antieke winkel was die middag gesluit en die geadverteerde kaggel en koek van een van die restaurante was non-existent. "
"Min plattelandse dorpe wat op 'n Sondagaand 'n heerlike bord kos kan voorsit. Het heerlik in die dorp geëet en oorgeslaap. Baie dankie!"
"Ek wou nog altyd die Uilhuis gaan besoek het en dit was 'n belewenis. Ek kan ook die fossielsentrum aanbeveel waar ek geleer het hoe om fossiele te soek! Daar is regtig soveel om te doen, jy sal nie glo hoe vol dinge so 'n klein dorpie kan wees nie. Moet beslis ook nie die bier en kaas by die Brewery mis nie en ook die Tower Restaurant se Karoo Lam was 'n treffer. Ek wil beslis weer soontoe gaan. Dit was regtig een van die mees interessante plekkies wat ek al by was. En die mense is so vriendelik. Vir jou volgende vakansie, oorweeg beslis Nieu-Bethesda."
"Kan geen kommentaar lewer oor Beaufort nie, aangesien ons net daar oornag het."
"Dit is 'n mooi klein dorpie en heel lekker om in oor te slaap oppad van die Kaap na Gauteng. Daar is egter nie eintlik 'n eetplek oop in die aand nie."
"Municipality could do more to improve the roads. But pretty clean compared to other places. I'm sure they are trying. "
"Alhoewel die besoek in die winter was, was dit steeds 'n belewenis wat elkeen op 'n stadium moet ervaar."
"'n Interessante, skoon, netjiese dorpie. 'n Voorbeeld van wat die Suid-Afrikaanse platteland kan wees. "
"Heelwat om te sien en te doen in en om die dorp. 'n Mens kan maklik 3 tot 4 dae of self 5 dae hier spandeer."
"A lovely quaint village that is best enjoyed walking the streets and popping into various restaurants, etc. chatting to the locals."
"Die besienswaardighede in die hoofstraat is besonders. Ons het nie lank genoeg vertoef om al die moontlikhede te ontgin nie."
"Pragtige klein dorpie. Sal graag weer soontoe wil gaan wanneer dit so bietjie warmer is dat ons in die aand lekker kan sterre kyk!"
"Pragtige ou klein dorpie! Uilhuis is 'n moet sien! Dit is nie uitspattig duur nie! Onthou om jou uil te koop op pad uit by die straatverkoper (hulle is ook baie billik). "
"Verkenning te voet deur die hele dorpie om regtig alles te beleef is die beste. Het ook voetbrug oor rivier terdeë geniet. 'n Besoek somer asook winter is uniek om die natuurskoon te beleef. Bespreek indien jy aandete wil eet by 'n restaurant."