Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"My pa en sy sibbe het groot geword in Oviston. Dit was dus 'n belewenis om die klein dorpie te verken en herinneringe saam met my pa te deel van sy kinderjare. Dit was 'n mooi naweek met vele mooi herinneringe."
"Die omgewing met uitsigte is vuil en onversorg en het 'n gevoel van onveiligheid weg van die damwal."
"Kookkursusse by The Real Food Company die moeite werd. Die Gin Bar ook 'n besoek werd. Die spookstoriewandeling was ook interessant. Guy se melkstal vir kase en joghurt. Museum vir self gestookte witblits."
"Pragtige Karoo dorpie wat goed geleë is vir een nag se oorslaap. Indien mens die boekefees wil bywoon kan mens dalk langer oorbly. Daar is 'n perdemuseum wat een van twee in die wêreld is en dit is die moeite werd om te besoek."
"As jy 'n Karookind soos ek is, het die Karoo 'n anderse besonderse mooi. Seker nie 'n toerismebestemming nie, maar die mooi lê in die sterre, oop lug en vlaktes."
"Daar was padwerke in die dorp wat dit bietjie moeilik gemaak het om rond te beweeg, maar ek glo as dit klaar is sal dit baie beter wees."
"Ons was te kort in Carnarrvon om 'n regverdige opinie uit te spreek, maar die dorp en omgewing lyk pragtig."
"Dit was 'n ervaring om die dam te sien, maar die doel van ons besoek was net om te oornag."