Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Moet nie ander mense verwag nie. Verwag wel 'n grondpad. Perfek as jy wil gaan jag."
"Nie 'n dorp om lank te vertoef nie, maar dit was 'n aangename ervaring om die Noord-Kaap te verken."
"Just an overnight stay. Arrived late and departed early, but had a good nights rest. Very nice."
"Baie mooi dorp met historiese geboue. Opknapping nodig en diens lewering in strate nodig."
"Dit was en is nog altyd my oorslaapplek wanneer ons as 'n gesin Kaap toe gegaan het. En nou nog, al is ek 'n weduwee, slaap ek daar oor. Beaufort-Wes vir my is skoon en veilig."
"Dis jammer die besigheidsure, selfs oor 'n naweek vir 'n meestal toeristebestemming, is vreeslik beperk. Sal volgende keer eerder in die week gaan."
"Toe ons in 2016 daar was, was die water laag. Hierdie jaar 96% vol. Wat 'n mooi gesig. "
"Hulle Spar is toe op 'n Sondag. Moet dus nie beplan om inkopies te doen nie!"
"Het die lekker gesellige markie besoek waar ons vars plaasprodukte kon bekom, asook geselsies kon aanknoop met plaaslike inwoners. Was 'n belewenis. Ook lekker winkeltjies om te besoek. "
"Dit is 'n pragtige ou dorp met heelwat besienswaardighede. Oral hartlik ontvang. Vallei van Verlatenheid is 'n moet om te sien. Die pragtig gerestoureerde Hotel is ongelooflik mooi om te sien."
"Die Mannetjies Roux museum kan besoek word. Die Merino Restaurant berei die lekkerste skaapvleisdisse."
"Mooi, skoon dorpie met netjiese huise. Het heerlik by die Tower Restaurant geëet. Dis 'n wenner plek met vriendelike mense."