Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Daar is soveel moontlikhede op die dorp, veral in die echo-toerisme omgewing. Ek glo met die hulp van die Provinsiale Regering, kan dinge net verbeter."
"Ons was aangenaam verras met die omgewing en sy mense en sal graag met volgende geleentheid 'n dag langer daar wil bly."
"Die beskikbaarheid van goeie restaurante was baie beperk. Behalwe die gewone gesinsrestaurante, wat nie altyd in 'n moeë reisiger wat nie blootgestel wil word aan jong kinders nie, se smaak val nie, was daar slegs twee restaurante, waarvan een definitief nie aan ons smaak voldoen het nie, veral omdat dit eers hul deure teen 19:00 geopen het. Die ander restaurant was heel aangenaam."
"Dit wil voorkom of die munisipaliteit die strate begin skoonmaak. Lyk beter as 'n jaar gelede."
"Het maar ook sy ongewense elimente. Maar wees veilig. Mens kry dit oral. Hou baie van julle dorp en gastehuise. "
"Die droogte en leë damme is hartverskeurend. Verder is die dorp skoon en die mense vriendelik. Aandblom Gastehuis was 'n wonderlike voorreg!"
"We had a meal at Manna Restaurant - excellent meal and friendly service. Value for money."
"Die dorp is oulik en klein baie vriendelike mense en gasvryheid en respekvolle mense."