Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"Wat 'n lieflike dorp! Egte Karoo gasvryheid en so baie interessante plekke om te beleef en te geniet. Prins Albert sien ons vir seker weer."
"Doen jouself die guns en spandeer tyd hier. Die damwal is iets besonders en die dam wal toer is 'n moet."
"'n Pragtige dorpie aan die voet van die Swartberge waar mense nog belangstel in mekaar en die inwoners uit hulle pad gaan om toeriste waarde vir hulle geld aan te bied. Gaan kyk gerus."
"Warm, maar lekker om te sien die mense in die winkels is steeds baie vriendelik. Van die straat af lyk die plek maar bietjie verniel, maar aangename ervaring."
"Dis nie iets wat ek verwag het nie, maar weet dis die Karoo en 'n regte klein Karoodorpie ons is van Natal het nog nooit tevore daai kant gegaan, maar die rit terug het dit darem beter begin lyk."
"Ons het veral die Fransie Pienaar museum geniet. Maandae is ‘n bietjie stil en ‘n paar besighede was toe of sluit vroeg. Veilig om rond te loop in die strate."
"Polka Restaurant is baie goed. Besoek aan "Valley of Desolation" is die moeite werd."
"Ons het nou al by verskeie Gariep bestemmings geboek en oornag. In die algemeen was meeste van hulle 'n teleurstelling met die uitsondering van Forever Resort Gariep. Hierdie oord is altyd skoon, veilig en is dit 'n plesier om hier te oornag. Gariep as 'n vakanieverblyf? Nie maklik nie. Gariep as oorslaap? Forever Resort."
"Interessante dorpie, pragtig as mens oor die berg inkom. Beslis ‘n unieke SA ervaring."
"Maak net seker dat dit wat jy sien met die gastehuise is wat jy gaan kry dorpie self ware juweel."
"Beaufort-Wes is 'n baie mooi Karoodorp. Ek het groot geraak op Beaufort-Wes, so ek sal altyd lief wees vir die dorp."
"'n Pragtige dorpie met asemrowende sterbelaaide nagte. Net die pad tussen die dorp en die N1 kort nog werk om dit verbruikersvriendelik te maak."
"Dis 'n mooi dorpie met ou geboue wat baie geskiedenis bied. 'n Lekker halfpad oorslaap dorpie as mens vêr reis."