Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11282 reviews.
"'n Pragtige en vooruitstrewende dorp met hope geskiedkundige en natuurlike besienswaardighede."
"Definitief 'n plek waarna ons wil terugkeer. Binne in Meiringskloof geleë en omring met die Swartberg se koppe. Werklik asemrowende uitsig."
"Colesberg not as a holiday destination but great as a midway stopover to the Cape."
"De Rust en omgewing is van ons gunsteling plekke. Die dorp se inwoners doen moeite om dit aantreklik te maak. Ry gerus die agterpaaie, ontmoet die mense en besoek die padstalle en koop hul ware. Hier leef hul nog vir mekaar. Ons het die klein dorpies nodig en ons moet hul ondersteun."
"Ek hou van die plek. Sal weer kom kuier of as deurgang na Mosselbaai gebruik. Skilderagtig en baie veilig!"
"Nie te ver vind jy die dorpie Nieu Bethesda, waar jy besef hier is waar jy eintlik hoort! "
"Ons het vir die eerste keer na die Vallei van Verlatenheid gegaan. Dis 'n wonderlike ervaring! Wie sou kon raai hierdie klipformasies staan net om die draai van die fraai dorpie!"
"Baie beslis 'n besoek werd met al die gasteplase in 'n pragtige omgewing. Pas ook Klaarstroom en De Rust in by enige reisprogram want langs die pad daarheen wag daar verrassings."
"Jammer die Williston "Mall" was reeds toe maar 'n baie interessante bemarkingsidee."
"Pragtige dam. Lekker restaurante en baie geskiedenis in die Norvalspont dorpie en area. Jammer dit is so droog daar, want die dam is nogal leeg. Bootritte op die dam ook baie lekker uit 'n vorige ondervinding."
"Weg uit die stad uit met mense wat nog groet en vriendelik is, wat nog hulle hoed afhaal en respek het, baie lekker om te weet dat daar nog sulke mense is. "