Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Behalwe vir enkele gastehuise en plaasverblyf (soos Rondawel), lyk die res van die dorpie maar ietwat "moeg en vervalle", niks in die dorp wat my sal lok om daar in te draai nie."
"Dit is 'n pragtige dorpie en die omgewing is net so mooi. Beslis 'n besoek werd!"
"Dorp het baie agteruit gegaan. Ons wou die Chris Barnard museum besoek, maar dit het onveilig gelyk."
"Fantastiese dorp. Hulle het onlangs begin om ernstig aandag te gee aan toerisme en ek glo dit sal in die toekoms nog baie groei."
"Beaufort-Wes is 'n baie gerieflike halfweg-huis wanneer jy ver sou reis en wat aanbeveel kan word."
"Die hoofstrate is 'n bietjie vuil en die geboue word nie opgepas soos 'n mens sal verwag van 'n dorp waardeur soveel mense beweeg nie."
"The town of Britstown is bleak, but on the this route it is an ideal stop-over destination. The hotel is a real gem and I can only congratulate the owners."
"Nieu-Bethesda is een van daardie moet besoek plekke. Dit het 'n ou wêreldse bekoring met lekker kuier en eetplekkies. Daar is 'n rustigheid in die dorpie met sy stofpaaijies. Almal is vriendelik en behulpsaam en maak die besoek soveel meer aangenaam. Wees bewus: daar is geen brandstof, OTM's of kaartmasjiene op die dorpie nie, alles streng kontant."
"The little Village is like a blast from the past, one feels like stepping back into yester year. Everything is so wholesome. Please do not loose the essence or upgrade and revamp like most of our old villages are doing. People look you straight on the eye. We are from CT so the stores closing early was a bit of a cultural shock. But that also taught us to take in the peace of the place. Prince Albert sells the best Kudu dry wors. I actually had an order sent from ,"Die Letterhuis". A farm I did not manage to visit this time around, but definitely on my to do list. I purchased a few items at the market. What a beautiful lady, "the owner of Die Letter Huis" telephonically managed to track down the lekker Kudu wors, nuts and beskuit. World class! I can just go on and on! Wish I could courier the pancakes. "
"Met die Karoo Nasionale Park naby is dit 'n toeristebestemmimg. Ons het by die slaghuis uitstekende diens ontvang."
"Beaufort-Wes is nie net 'n goedgeplaasde oorslaapplek vir toeriste nie; dit bied ook interessante besienswaardighede in die dorp en omgewing wat maak dat mens eintlik meer as een nag daar moet oorbly."
"Prins Albert is 'n baie mooi dorpie. Ons was ongelukkig nie betyds vir die Saterdagoggend mark nie, sou dit graag wou beleef. Die omgewing met sy berge het 'n groot bekoring! Ek sou toegang tot die Kokkedoorstoor wou gehad het, om bietjie daar te kan rondkyk!"
"Richmond verdien om meer toeriste te kry. Oulike dorpie wat verken kan word."