Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Was nog altyd net goed as oornag plek. Sal nie weer gebruik nie en liewer ander dorp gebruik, of deur ry na bestemming, aangesien al die pryse in Colesberg gelaai is omdat hy aan N1 grens."
"Dit sal help as reisagente en/of die gastehuise inligting beskikbaar het oor wat waar gekoop kan word, apteke, dokters ens."
"Verrassende omgewing met wat dit alles bied . Pragtige besienswaardighede en ongelooflike mooi historiese geboue om te sien."
"Die diens van sekere kafees in die hoofstraat laat veel te wense oor. Diens in die Karoo Park is uitstekend."
"Die dam self was 'leeg' gewees en die omliggende area was verlate. Ons het een dag gegaan na die Forever Resort in Gariep, en was die enigste gaste in die resort. Dit het gelyk soos 'n spookdorp. Ons het gewag vir die zombies om hulle verskyning te maak. Nie seker of dit was omdat dit buite vakansie seisoen was, dat dit so stil was nie. Die tennisbane, putt-putt en ander aktiwiteit-gronde was verwaarloos."
"Gannabos is in die distrik van Venterstad. Dit bied rustigheid en 'n gevoel dat sake goed bestuur word."
"Sal nie sê daar is iets vir toeriste nie. Maar dis 'n goeie oornag vir ry tussen Kaapstad en Johannesburg."
"Colesberg is 'n lieflike halfweghuis om oor te slaap tussen Johannesburg en Kaapstad. Ek het nie goeie karma met Beaufort-Wes nie, so ek sal liewers in Hanover of Colesberg oorslaap. Die Travalia Plaasstal was heerlik om by te stop, lekker koffie en springbok-kerrie gehad, en heerlike verskeidenhede van biltong en droë wors gekoop vir saamvatgeskenke. "
"Wonderlike gasvrye mense en is die restaurante van 'n hoë standaard."
"Polka restaurant was 'n baie besonderse ervaring en die kaktus en vetplant kwekery was 'n groot verassing. Die museum uitstallings was baie goed en die mense baie vriendelik en hulpvaardig. Ons kon nie die kerk besoek nie want die dame daar was op die foon en het geen aanduiding gegee dat ons kon binnekom nie. Die ou historiese dorp was skoon en netjies ten spyte van die sigbare armoede van die mense. Dit was lekker om weer na 25 jaar daar te kon rondstap."
"Dit is die mooiste dorpie in die Wes-Kaap! Die huise is goed versorg, en al die mense is vriendelik en werk saam. Die hoeveelheid projekte wat uit die gemeenskap gaan om armoede te verlig en mense te bemagtig, is so positief."
"Pragtige dorpie. Ons hou daarvan dat baie huisies al gerestoureer is. Dorpie baie netjies. Motormuseum 'n moet sien."
"Regtig die moeite werd om van die hoofpad af te draai en te sien hoe 'n dorpie lyk waar die tyd gaan stilstaan het."