Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.

Willowmore, Karoo

The Willow Historical Guest House

"Willowmore is 'n gasvrye dorpie wat jou verras met die verskeidenheid heerlike winkeltjies en restaurante om by in te loer."

Beaufort-Wes, Karoo

Bakgat Blyplek

"Pragtige Karoodorp en ons het die omgewing vreeslik geniet."

Graaff-Reinet, Karoo

Rietjiesbos Self Catering

"Mooi geskiedkundige dorp. Rustige atmosfeer. Mooi groot kerk met pragtige orrel. Ek het gehoop om 'n orreluitvoering te hoor. Goeie eetplekke. Alles was die moeite werd. Dankbaar."

Beaufort-Wes, Karoo

Steenbokkie Nature Reserve

"Beaufort-Wes is 'n baie besige dorp maar rondom is daar 'n paar pragtige wildsplase wat heerlik is om by te kuier. Karoo stilte op sy beste!"

Graaff-Reinet, Karoo

Stemar Self Catering Guest House

"Dis nie net 'n dorp om deur te ry nie, daar was soveel om te sien in die dorp self en natuurlik die vallei van verlatenheid. 'n Hoogtepunt was om in die kerk 'n toer te kon doen, wat baie interessante feite gehad het. Gaaff-Reinet en omgewing het ons aangenaam veras!"

Hadison Park, Karoo

Kosmos Guest House

"Netjies buurt en eiendomme is goes versorg. Voel gemaklik om daar te reis en geensins indruk gekry dat die buurt onveilig kan wees nie."

De Aar, Karoo

Karoo Fountain Luxury Guesthouse

"Mense is warm, maar Karoo is koud in winter."

Colesberg, Karoo

Colesview Guest House

"Colesberg is geleë in die pragtige Karoo met vriendelike en besondere mense. Dis 'n interessante plek met baie toerisme-bates, maar sal beslis aan sy voorkoms (bv.talle vervalle geboue en netheid van die strate), moet aandag skenk sodat die dorp weer tot sy vroeëre status herbou kan word! Die toestand van sommige strate verdien ook dringend aandag."

Colesberg, Karoo

Horse and Mill Guesthouse

"Colesberg is ideaal geleë byna halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg; dit maak dit dus 'n ideale toeristebestemming en veral oornagplek. Dis 'n interessante dorp met sy bekende plattelandse gasvryheid en interessante mense! Die dorpsraad sal egter die talle vervalle geboue in veral die hoofstraat moet opknap/stroop, aangesien dit die voorkoms van die dorp ernstig benadeel. Vullisverwydering is vervolgens 'n besliste probleem. Met intensiewe aandag behoort Colesberg beslis 'n skoner en nog meer uitnodigende dorp te wees."

Britstown, Karoo

Elsa's @ 27

"Klein dorpie. Vir oornag op pad Kaap toe is dit ideaal."

Nieu-Bethesda, Karoo

Nagenoeg

"Oulike dorp met interessante inwoners."

Graaff-Reinet, Karoo

Profcon Resort

"Ons was daarmee beïndruk dat besienswaardighede op 'n Sondag besoek kon word. Hekwag by ingang tot Vallei van Verlatenheid het ons gewaarsku dat ons weens mistigheid niks sou kon sien en ons het dus nie onnodige uitgawes en tyd bestee. Baie netjiese en skoon dorp."

Gariepdam, Karoo

View Lodge

"Dit lyk na 'n lekker water-vakansiebestemming. "

Steytlerville, Karoo

The Royal Steytlerville

"Steytlerville het 'n unieke voorkoms met die familiename wat deel is van die hoofstraat. Die hoofstraat was heel netjies. Die mense wat vir ons gehelp het, Dawid en Wally, was gaaf en ons is heelwat dankbaar aan hulle. Ons het aspris al die klein paaie gery sodat ons Suid-Afrika se klein dorpies kan ervaar en as dit is wat jy will doen as deel van jou vakansie, is Steytlerville nogal 'n plekkie vir 'n ruskansie."

Victoria-Wes, Karoo

Kingwill's Guest House

"Weet nie so lekker van 'n toeristebestemming nie."

Beaufort-Wes, Karoo

Grace's Place

"Wil graag eendag meer tyd bestee om die dorpie se skatte te ontdek."

Graaff-Reinet, Karoo

Garden House and Cottage

"'n Sjarmante dorp met 'n lang en ryk geskiedenis. Besoek gerus die plaaslike Drostdy Hotel om een van die bes bewaarde historiese geboue in Suid-Afrika te waardeer. Keurige en stylvolle interieur versorg deur Stephen Falcke."

Beaufort-Wes, Karoo

Steenbokkie Nature Reserve

"Perfekte oornagplek op pad Gauteng toe."

Beaufort-Wes, Karoo

X Ventures

"Slegs oornag op pad na Kaapstad."

Colesberg, Karoo

Spes Bona Guesthouse

"Die Plattelanders Restaurant was gesellig. Bietjie besig, maar nog lekker."

Prins Albert, Karoo

Karoo View Cottage 1 - Kanon

"Star gazing, the historic walk and the blacksmith's demonstration were memorable. We need to get back to do the geological walk, the ghost walk and to see the area in summer. "

Willowmore, Karoo

The Willow Historical Guest House

"Pragtige Karoodorp met mooi winkeltjies en goeie restaurante."

Graaff-Reinet, Karoo

Aan Die Oewer Graaf-Reinet Guesthouse

"Baie mooi en skoon plek. Sal graag weer daarheen gaan."

Karoo

Jagersberg

"Die regte plek om stil te word en jouself weer te ontdek."

Beaufort-Wes, Karoo

Ko Ka Tsara Bush Camp

"Genoeg om te doen en alles wat jy mag nodig kry is beskikbaar."

Hanover, Karoo

AshTree GuestHouse

"Verrassend om te sien dat hul die naam "Dot se winkel" behou het. Die paar straatjies waarin ons gery het was baie skoon. Ek het geen papiere of gemors sien rondlê nie."

Carnarvon, Karoo

Maritza Guest House

"Het daar gebly vanaf 1975 tot 1979 - soos enige plattelandse dorpie is Carnarvon baie agteruit. "

Blad
Blad 326 - Wys 9751 tot 9780
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang