Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.

Willowmore, Karoo

Verberg Herberg

"Baie om te sien en die skone natuur te ervaar met sy mense."

Willowmore, Karoo

The Willow Historical Guest House

"Een van die netjieser Karoodorpe."

Graaff-Reinet, Karoo

Profcon Resort

"Graaff-Reinet is die oulikste bestemming met soveel om te doen en te verken en werklik die mense daar in die winkels en verblyfplekke is besonder vriendelik. Mal oor hulle SPAR en personeel. Het al in verskeie verblyfplekke oorgebly. Sommer vir 'n naweek my sus-hulle van George daar ontmoet, want dis halfpad en ons die lekkerste naweek daar deurgebring. Wonderlike, pragtige plek. My man het met die petroljoggie, Eugene by die Engen-vulstasie langs die Spar, gespot en gesê: "Sjoe, julle is almal so vriendelik, is daar fout?" Hy het toe geantwoord: "Vir so 'n mooi plek moet die mense vriendelik wees, Meneer!" Werklik 'n lieflike plek. Ons het sommer verlief geraak op Graaffies!"

Aberdeen, Karoo

Aberdeen Self-Catering

"Onverwagse ervaring."

Graaff-Reinet, Karoo

Kambro Cottage

"Hier is meer as genoeg om te ervaar! "

Graaff-Reinet, Karoo

Boer and Brit

"Pragtige ou dorp."

Gariepdam, Karoo

Gariep Inn

"Ek is mal oor die see en verruil dit vir geen ander kampplek of vakansie nie."

Colesberg, Karoo

Colesberg Lodge

"Pragtige dorp met sy berge, maar meer kan gedoen word om toeriste te lok. Nie veel om te doen in die dorp nie. Die middestad kan meer opgeknap en toeristevriendelik gemaak word. "

Prins Albert, Karoo

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Sal nie omgee om daar te bly nie."

Prins Albert, Karoo

The Olive Thrush Cottage

"Steek maar bietjie kers op by Gauteng se voorstede en sit spoedhobbels in Pastorielaan en die Hoofstraat op. Die 'locals' jaag soos besetenes in die strate."

Graaff-Reinet, Karoo

Aan Die Oewer Graaf-Reinet Guesthouse

"Polka a very good restaurant with good food that is well cooked. "

Beaufort-Wes, Karoo

Biffie's Cottages

"Die Barnard museum, pastorie en kerk is 'n moet besoek vir enigeen wat daar deur reis en of oorbly. Die ou geboue in die dorp is 'n ervaring om te aanskou en verskaf 'n terugblik in die vergane ou jare van ons geskiedenis. Ek hoop regtig dat hierdie geskiedkundige nalatenskap sal in stand gehou en behoue sal bly vir ons nageslagte."

Colesberg, Karoo

Donalds Guesthouse

"One place to dine is "Die Plattelander" situated in Church Street, Colesberg, and can be recommended to anybody. Their service is outstanding, as is the food they serve. Other than that, I have nothing negative to say about Colesberg."

Beaufort-Wes, Karoo

Altyd Lekker

"Beaufort-Wes bied meer aan as wat 'n mens besef. Daar is die Karoo Nasionale Park, die mooi natuurskoon en die Chris Barnard-museum wat meer as die moeite werd is om te besoek."

Karoo

Witkrans Guest Farm

"Not appreciated enough!"

Prins Albert, Karoo

Yellow House

"Ons was beïndruk met Prins Albert se SPAR. Dit sal dalk goed wees indien verlengde besigheidsure gedurende naweke oorweeg kan word, veral vir toeriste wat moontlik laat arriveer en voorraad moet aanskaf indien hulle van selfsorgeenhede in Prins Albert gebruik maak."

Nieu-Bethesda, Karoo

Doornberg Guest Farm

"So 'n rustige en interessante dorpie met lekker eetplekke. Moes my vrou en dogters in toom hou, anders het hulle al wat 'n lekkerny is in die dorp gekoop."

De Aar, Karoo

Karoo Fountain Luxury Guesthouse

"Klein plekkie, goed vir die siel. Slegs 'n tekort aan restaurante en buitemuurse aktiwiteite."

Colesberg, Karoo

Guinea-fowl Guest House

"Mooi en rustige plek. Ons sal beslis weer in Colesberg oorslaap indien nodig. Die Plattelander se diens en kos was uitstekend!"

Aberdeen, Karoo

Aberdeen Self-Catering

"Aberdeen is die perfekte bestemming as jy wil wegkom van die gejaagde lewe van die stad."

Beaufort-Wes, Karoo

@ Mango's

"Beaufort-Wes is meer 'n halfwegstasie op pad Kaap toe. Die lekkerste van die dorp is Karoo Nasionale Park, maar hulle chalet-verblyf raak te duur vir Jan Alleman. Dis beter met 'n Wild Card."

Graaff-Reinet, Karoo

Uitkomst Guest Farm

"Graaff-Reinet is 'n gemaklike oorslaapplek vir enige iemand op pad Kaap toe, en die kerk in die hoofstraat moet die mooiste kerk in SA wees."

Gariepdam, Karoo

Raptor Ridge Lodge

"Lovely views over the dam, although the level of the dam is extremely low due to the drought. "

Victoria-Wes, Karoo

Victoria's Pride

"Die dorpie het my hart gesteel met sy rustigheid."

Prieska, Karoo

Coffee @ Home

"Very small village, but the countryside is nice, especially after it has rained. Prieska is on the banks of the Orange River. It will probably always be a stopover rather than a destination."

Graaff-Reinet, Karoo

Profcon Resort

"Wel, soos die res van Suid Afrika is die verval sigbaar. Maar dit is 'n pragtige dorp en die restaurant Polka is van die beste in die wêreld."

Beaufort-Wes, Karoo

@ Mango's

"Perfekte plek om oor te slaap as jy van ver af ry (Kaap of Mosselbaai se kant toe). Los vir jou so 3 tot 4 ure se ry vir die volgende dag."

Gariepdam, Karoo

Rose Cottage

"Ons het nie eerstehandse ondervinding nie, maar dis mooi en die Bistro by die oord was uitstekend. Goeie waarde vir geld!"

Nieu-Bethesda, Karoo

Doornberg Guest Farm

"Mens behoort 'n dag hier deur te bring om alles te sien, want 'n oorslaap was nie voldoende nie. Dit help dat daar nou 'n teerpad na die dorp vanaf Graaff-Reinet se kant is, maar dit gaan my verstand te bowe waarom dit skielik ophou 'n hele ent buite die dorp!"

Colesberg, Karoo

Van Zylsvlei B&B Karoo Guest Farm

"Caltex garage personnel were very friendly - I even washed my whole car, which started out as a windscreen wash."

Blad
Blad 336 - Wys 10051 tot 10080
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang