Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.

Hanover, Karoo

New Holme Nature Lodge

"Die NG Kerk op Hanover is een van die mooiste kerke om te besoek."

Graaff-Reinet, Karoo

Rietjiesbos Self Catering

"Pragtige plek om jou vakansie mee te begin of af te sluit as jy op pad Kaap toe is. Oulike winkels en restaurante in die dorp met 'n baie rustige atmosfeer. Slim dorp om jou laaste vars kos te koop as jy oorgeslaap het in Graaff-Reinet."

Graaff-Reinet, Karoo

Obesa Lodge

"Pragtige stad, dis goed om te sien dat daar nog mense is wat omgee oor dele van ons land."

Joubertina, Karoo

Mount Africa

"Ons verkies stiller agterpaaie en die minder gewilde bestemmings. Pragtige natuurskoon."

Prins Albert, Karoo

81 on Church

"Lieflike dorpie, met pragtige huise, mooi winkels, restaurante met goeie kos, en gawe inwoners."

Victoria-Wes, Karoo

Karoo Koelte Accommodation

"Ons het nie te lank in Victoria-Wes gebly om 'n goeie objektiewe skryfstuk te gee oor die area nie. Ek kan wel noem dat dit baie plattelands is."

Aberdeen, Karoo

Pagel House B&B

"Dit bly 'n stil plek wat goed is vir 'n reisiger wat plek soek om te rus. "

Gariepdam, Karoo

Gariep Gardens

"Spectacular views of the dam and surroundings. I will definitely return. "

Beaufort-Wes, Karoo

Wagon Wheel Country Lodge

"Klein dorpie waardeur gery word op die N1. Besoek gerus 4Sheep as julle oorslaap."

Laingsburg, Karoo

Wagendrift Lodge

"Mooi ou Karoodorp."

Colesberg, Karoo

Skietberg Lodge

"Goed genoeg vir oorslaap halfpad Kaap toe. "

Victoria-Wes, Karoo

Marseilles Farm Guest House

"Probeer gerus aandete by die Hotel. Dit is onder nuwe bestuur en die kos is heerlik en die hotel is pragtig gerestoureer. "

Graaff-Reinet, Karoo

Obesa Lodge

"'n Pragtige dorp met 'n baie interessante museum. Definitief die moeite werd."

Graaff-Reinet, Karoo

Stemar Self Catering Guest House

"Was jammer dat die kleiner snuffelwinkeltjies toe was weens 'n besige seisoen 'n Mens sou gehoop het dat dit wel nog oop is vir die besoekers. Die historiese geboue is moeilik om op te spoor - 'n pamflet wat 'n duidelike kaart op het met 'n bietjie geskiedenis van die geboue en waar hulle is sal voordelig wees. "

Richmond, Karoo

Karoo Manor Guest House and Restaurant

"Maak seker om 'n draai by die boekwinkel te maak, dis die moeite werd. "

Prins Albert, Karoo

Aloe Guest House

"Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert en ons het dit regtig geniet. Alhoewel ons daar was oor 2 vakansiedae, en meeste plekke toe was vir besigheid, het ons dit steeds geniet. "

Nieu-Bethesda, Karoo

Outsiders B&B

"Die rede waarom ons by Nieu-Bethesda aangegaan het,was hoofsaaklik die Uilhuis (Helen Martens). Ons het die Uilhuis baie interessant gevind en was verras deur die res van die dorpie en sy mense. "

Nieu-Bethesda, Karoo

Doornberg Guest Farm

"Die fossiele wat daar gevind word is interessant, en uiteindelik het ons ook die uilhuis gesien."

Graaff-Reinet, Karoo

Obesa Lodge

"Obesa-kwekery is 'n moet! "

Philippolis, Karoo

Anker Guesthouse

"Dit is 'n "one horse town", maar beslis 'n besoek werd."

Beaufort-Wes, Karoo

De luxe @ The Shed Farmstall & Lucern Lodge

"Lekker Karoodorpie waar daar altyd gestop word om petrol in te gooi."

Graaff-Reinet, Karoo

Beau & I

"Lieflikste dorp! "

Graaff-Reinet, Karoo

Obesa Lodge

"As jy van vetplante hou, is die Obesa-kwekery 'n fantastiese plek om te besoek! Daar is ook heelwat om te sien in die omgewing: die Vallei van Verlatenheid is asemrowend, en Nieu-Bethesda met sy Uilhuis is net 50 km weg. Dis beslis die moeite werd om meer as net een aand hier te bly!"

Hanover, Karoo

3 Darling Street Guest House

"Oulike klein dorpie, vriendelike mense, mooi omgewing."

Colesberg, Karoo

Guinea-fowl Guest House

"Baie geskiedkundig. Mooi kerk."

Drie Susters, Karoo

Desert Dew Guest House

"Karoo - wat meer kan 'n mens sê."

Colesberg, Karoo

Van Zylsvlei B&B Karoo Guest Farm

"Pragtige omgewing en goed geleë vir oornag op pad na Kaapstad. "

Carnarvon, Karoo

Osfontein Antieke Klip Guesthouses and Treehouse

"Carnavon is nie 'n vakansiedorp nie, maar Loxton is wel 'n interessante plekkie om te besoek. "

Colesberg, Karoo

Brand Guesthouse

"Pragtige dorpie. Het heerlik geëet by die Plattelander Restaurant. Wens ons kon langer vertoef."

Somerset-Oos (KwaNojoli), Karoo

Glen Avon Farm

"There is a lot in Somerset East and this is a rural town steeped in history. However, with the current municipal management, as is the case in many others in the Eastern Cape, the town is not clean and the roads in the town leaves much to desire. Somerset East, you have what a lot of towns would wish for, get it in shape and be proud of the history and use it to the town's benefit. You have Battis, Piet Retief and many more, use it to be on the map!"

Blad
Blad 336 - Wys 10051 tot 10080
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang