Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Baie interessante geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog en monumente in Kimberley, asook Magersfontein. "
"Pragtige dorp met sy berge, maar meer kan gedoen word om toeriste te lok. Nie veel om te doen in die dorp nie. Die middestad kan meer opgeknap en toeristevriendelik gemaak word. "
"Steek maar bietjie kers op by Gauteng se voorstede en sit spoedhobbels in Pastorielaan en die Hoofstraat op. Die 'locals' jaag soos besetenes in die strate."
"Polka a very good restaurant with good food that is well cooked. "
"Die Barnard museum, pastorie en kerk is 'n moet besoek vir enigeen wat daar deur reis en of oorbly. Die ou geboue in die dorp is 'n ervaring om te aanskou en verskaf 'n terugblik in die vergane ou jare van ons geskiedenis. Ek hoop regtig dat hierdie geskiedkundige nalatenskap sal in stand gehou en behoue sal bly vir ons nageslagte."
"One place to dine is "Die Plattelander" situated in Church Street, Colesberg, and can be recommended to anybody. Their service is outstanding, as is the food they serve. Other than that, I have nothing negative to say about Colesberg."
"Beaufort-Wes bied meer aan as wat 'n mens besef. Daar is die Karoo Nasionale Park, die mooi natuurskoon en die Chris Barnard-museum wat meer as die moeite werd is om te besoek."
"Ons was beïndruk met Prins Albert se SPAR. Dit sal dalk goed wees indien verlengde besigheidsure gedurende naweke oorweeg kan word, veral vir toeriste wat moontlik laat arriveer en voorraad moet aanskaf indien hulle van selfsorgeenhede in Prins Albert gebruik maak."
"So 'n rustige en interessante dorpie met lekker eetplekke. Moes my vrou en dogters in toom hou, anders het hulle al wat 'n lekkerny is in die dorp gekoop."
"Klein plekkie, goed vir die siel. Slegs 'n tekort aan restaurante en buitemuurse aktiwiteite."
"Mooi en rustige plek. Ons sal beslis weer in Colesberg oorslaap indien nodig. Die Plattelander se diens en kos was uitstekend!"
"Aberdeen is die perfekte bestemming as jy wil wegkom van die gejaagde lewe van die stad."
"Beaufort-Wes is meer 'n halfwegstasie op pad Kaap toe. Die lekkerste van die dorp is Karoo Nasionale Park, maar hulle chalet-verblyf raak te duur vir Jan Alleman. Dis beter met 'n Wild Card."
"Graaff-Reinet is 'n gemaklike oorslaapplek vir enige iemand op pad Kaap toe, en die kerk in die hoofstraat moet die mooiste kerk in SA wees."
"Lovely views over the dam, although the level of the dam is extremely low due to the drought. "
"Very small village, but the countryside is nice, especially after it has rained. Prieska is on the banks of the Orange River. It will probably always be a stopover rather than a destination."
"Wel, soos die res van Suid Afrika is die verval sigbaar. Maar dit is 'n pragtige dorp en die restaurant Polka is van die beste in die wêreld."
"Perfekte plek om oor te slaap as jy van ver af ry (Kaap of Mosselbaai se kant toe). Los vir jou so 3 tot 4 ure se ry vir die volgende dag."
"Ons het nie eerstehandse ondervinding nie, maar dis mooi en die Bistro by die oord was uitstekend. Goeie waarde vir geld!"
"Mens behoort 'n dag hier deur te bring om alles te sien, want 'n oorslaap was nie voldoende nie. Dit help dat daar nou 'n teerpad na die dorp vanaf Graaff-Reinet se kant is, maar dit gaan my verstand te bowe waarom dit skielik ophou 'n hele ent buite die dorp!"
"Caltex garage personnel were very friendly - I even washed my whole car, which started out as a windscreen wash."
"Ons hou van die stilte en die klein gemeenskap. Die Uilhuis was baie interressant en die restaurantjie en kroegie wat ons besoek het was baie oulik ingerig met mooi dekor. In hierdie dorpie kan 'n mens kom rus en onttrek van die samelewing en net weer jouself vind. Hier wil ek vir 'n maand kom bly!"