Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"'n Rusplek in die middel van die Karoo met interessante besienswaardighede. As jy lief is vir geskiedenis en vir die natuur is dit die plek om te gaan."
"Prince Albert het die vriendelikste mense, gaaf, behulpsaam en gesellig. Ons het vir Johnny ontmoet en dis lekker om te weet dat hy en ander dorpenaars soos hy die tuine so mooi in stand hou. Die slaghuis op die dorp het die beste diens en vleis in die Karoo. Ek het dit so waardeer om die eienaar en sy seun te ontmoet en ons vleisies is in sulke mooi verpakking aan my oorhandig dat my man gedink het iemand het vir ons 'n geskenk gegee. Prince Albert is 'n hondevriendelike dorp."
"Ek weet nie genoeg van Colesberg om dit as 'n toerisme-aantreklikheid te kan bemark nie."
"Definitief iets om te sien, maar ongerieflik met restaurante en take-away plekke wat toe is in die middel van die dag."
"Gelukkig wil die meeste mense net jaag om by hulle bestemmings te kom, so dan is daar nog 'n paar sulke juwele in ons land vir ons ander mense oor. So bly daar is nog sulke plekke waar jy net kan rustig raak en weer jouself kry."
"Mens ry so maklik verby Graaff-Reinet,maar daar is so baie om te sien en beleef. Maak gerus die tyd om daar te stop en die plek te beleef, jy sal nie een oomblik spyt wees nie."
"Dis ons eerste keer dat ons Prince Albert besoek en ons was aangenaam verras met die plek. Een dag is te kort om deur alles wat die dorp aanbied te kyk - twee volle dae sal dalk ideaal wees."
"Wat 'n pragtige mooi en skoon dorpie. Met interessante geskiedenis en oulike winkels en 'n paar lekker eet- en koffiewinkels. Sit Prins Albert op jou moet besoeklys."
"Die Karoo is een van ons familie se gunsteling wegbreekbestemmings en soek gereeld "off the grid" verblyf in die Karoo, kamp, huisie en selfs boskamp is beskikbaar!"
"'n Rustige dorp met 'n baie lekker atmosfeer. 4 Sheep is 'n pragtige winkel en smaaklike restaurant."
"Een van die mooiste, skoonste dorpe. Punte aan die gemeenskap wat so mooi na hulle dorpie en geboue omsien!"
"Dit is 'n salige plek waar stadsmense kan kom afskakel en terselfdertyd die Karoo-mense se besighede ondersteun."