Pick your preferred language

English

Afrikaans

Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.

Beaufort-Wes, Karoo

17 On Bird Guest House

"Goeie oornagbestemming."

Colesberg, Karoo

Herb Garden Guest House

"By Plattelander gaan eet en was uitstekend. Welgedaan Colesberg."

Beaufort-Wes, Karoo

Cape Karoo Guesthouse

"'n Rusplek in die middel van die Karoo met interessante besienswaardighede. As jy lief is vir geskiedenis en vir die natuur is dit die plek om te gaan."

Prins Albert, Karoo

The Olive Thrush Cottage

"Prince Albert het die vriendelikste mense, gaaf, behulpsaam en gesellig. Ons het vir Johnny ontmoet en dis lekker om te weet dat hy en ander dorpenaars soos hy die tuine so mooi in stand hou. Die slaghuis op die dorp het die beste diens en vleis in die Karoo. Ek het dit so waardeer om die eienaar en sy seun te ontmoet en ons vleisies is in sulke mooi verpakking aan my oorhandig dat my man gedink het iemand het vir ons 'n geskenk gegee. Prince Albert is 'n hondevriendelike dorp."

Colesberg, Karoo

Annelines Guest House

"Ek weet nie genoeg van Colesberg om dit as 'n toerisme-aantreklikheid te kan bemark nie."

Prins Albert, Karoo

81 on Church

"Mooi dorp en altyd lekker om daar oor te slaap."

Nieu-Bethesda, Karoo

Compass View

"Beslis 'n besoek van meer as twee dae werd."

Colesberg, Karoo

De Vuur Gastehuis

"Altyd lekker om in Colesberg te oornag."

Beaufort-Wes, Karoo

Die Nessie

"Definitief iets om te sien, maar ongerieflik met restaurante en take-away plekke wat toe is in die middel van die dag."

Merweville, Karoo

Springbok Lodge Merweville

"Gelukkig wil die meeste mense net jaag om by hulle bestemmings te kom, so dan is daar nog 'n paar sulke juwele in ons land vir ons ander mense oor. So bly daar is nog sulke plekke waar jy net kan rustig raak en weer jouself kry."

Graaff-Reinet, Karoo

Middle Street Manor

"Mens ry so maklik verby Graaff-Reinet,maar daar is so baie om te sien en beleef. Maak gerus die tyd om daar te stop en die plek te beleef, jy sal nie een oomblik spyt wees nie."

Graaff-Reinet, Karoo

De Graaff Manor

"Pragtige dorp, mense en omgewing."

Prins Albert, Karoo

Wolvekraal Guest Farm

"Dis ons eerste keer dat ons Prince Albert besoek en ons was aangenaam verras met die plek. Een dag is te kort om deur alles wat die dorp aanbied te kyk - twee volle dae sal dalk ideaal wees."

Prins Albert, Karoo

Karoo Khaya

"Wat 'n pragtige mooi en skoon dorpie. Met interessante geskiedenis en oulike winkels en 'n paar lekker eet- en koffiewinkels. Sit Prins Albert op jou moet besoeklys."

Karoo

Tamboershoek

"Die Karoo is een van ons familie se gunsteling wegbreekbestemmings en soek gereeld "off the grid" verblyf in die Karoo, kamp, huisie en selfs boskamp is beskikbaar!"

Graaff-Reinet, Karoo

Profcon Resort

"As daar beurtkrag is, is daar ook nie water nie."

Vanderkloof, Karoo

CasaMere Guest House

"Vriendelike dorpie met vriendelike mense."

Colesberg, Karoo

Karoo-Koppie Guesthouse

"Te afgeleë na my smaak."

Gariepdam, Karoo

Gariep, a Forever Resort

"Please have the tours through the dam wall reinstated."

Beaufort-Wes, Karoo

Biffie's Cottages

"'n Rustige dorp met 'n baie lekker atmosfeer. 4 Sheep is 'n pragtige winkel en smaaklike restaurant."

Beaufort-Wes, Karoo

The Grey House

"Sal beslis weer daar oorslaap!"

Beaufort-Wes, Karoo

Villa Contessa

"Mooi en vriendelik soos altyd."

Gariepdam, Karoo

De Lance Chalets

"Pragtig. 'n Moet sien!"

Colesberg, Karoo

Skietberg Lodge

"Vriendelike en aangename dorp."

Graaff-Reinet, Karoo

River Bend Cottages

"Een van die mooiste, skoonste dorpe. Punte aan die gemeenskap wat so mooi na hulle dorpie en geboue omsien!"

Karoo

Brinksfontein Guest House

"Dit is 'n salige plek waar stadsmense kan kom afskakel en terselfdertyd die Karoo-mense se besighede ondersteun."

Blad
Blad 92 - Wys 2731 tot 2760
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang