Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Ini Kraal Restaurant is 'n versteekte juweeltjie op die dorp. Ons het heerlik, gesellig gekuier en kos was uit die boonste rakke."
"Williston is 'n pragtige, netjiese en veilige Karoodorpie, met gasvrye mense, waar jy die heerlikste vleis en wors kan koop."
"Die pragtigste plekkie met 'n verrassing om elke hoek. Mens kan beslis nie net vir een nag hier oorbly nie."
"Baie mooi, klein dorpie. Alhoewel dit loadshedding was, kon mens darem kos koop. Sal weer daar oorslaap. "
"Dit is die mooiste dorpie. Beslis die moeite werd om te stop. Dit is hier waar jou siel rus."
"Ek gee 5 sterre, want dis ons soort plek. Loxton bied niks vir die Woolies-, uiteet- en TV-kyk-tipe. Hier geniet mens gasvryheid, vars lug, stilte en helder sterre."
"Hanover is rustig en 'n goeie plek om oor te slaap, maar daar is nie veel om te doen nie. Die mense is egter gasvry en vriendelik, so 'n goeie plek om weg te breek."
"Soos altyd bly Prins Albert 'n heerlike dorp om te besoek met sy netjiese voorkoms, lekker eetplekkies en pragtige natuurskoon."
"Hanover is interesting for those who love history. There is an endearing coffee table book detailing the history of Hanover and surrounding town. It warms one's heart towards the town folk. The chicken schnitzels at the hotel was as delicious as the owners promised. Staff at the grocery shop were friendly, as most Karoo residents are."
"Ons het nie tyd gehad om Colesberg regtig te besigtig nie maar dit lyk asof 'n mens dalk 'n dag of 2 daar kan spandeer."
"Beautiful, clean town. Lovely to walk around and view residential areas. Stunning facilities at Union High School."
"Dis nie 'n besige dorp nie. Verstaan dit en alles val in plek. Raak rustig en besoek dit wat oop is, en die Uilhuis. Stone People is ook die moeite werd. Boetie se Pub. En kyk op na die sterre in die nag."
"Colesberg is great for stopping over as it's halfway between Cape Town and Johannesburg. Shops in town have all the necessary things, restaurants are all clean and surprisingly modern looking for such a small town."