Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Baie aangenaam. Lekker dorpie met oulike winkels en lekker restaurante en koffie winkels. Die naby geleë Swartberg pas is een van die mooiste plekke in SA."
"Beautiful small town. Breakfast at the Spekbos Restaurant is also highly recommended. Our stay in the area was too short to sample all that was on offer."
"Pragtige Karoodorp, strate bietjie vuil, baie rondloper kinders wat bedel en mens irriteer. Mooiste ou geboue en besienswaardighede. Die Groot Kerk was pragtig asook Reinett Huis. Drostdy Hotel aandete was uitstekend en goeie diens ontvang."
"Dit was ons eerste besoek aan Vanderkloof. Almal gaan gewoonlik na Gariepdam maar Vanderkloof is beslis 'n besoek werd vir toeriste. Casa Mere het byvoorbeeld ook Konferensie fasiliteite. Die lokale regering sal egter iets aan die stand van die paaie na en van die dorp moet doen as hul nie tokomstige klandisie wil verloor nie. Die strate in Vanderkloof dorp is netjies en word goed onderhou."
"What a gem of a little town. I cannot wait to come back here. The mountains and passes are incredible."
"Carnarvon and surrounds is a good place for an overnight stay when travelling between Gauteng and Cape Town. The Karoo has its own ambience and the clean air and starry night sky will mesmerise you. You will leave there recharged and refreshed."
"Ek wou nog altyd oorslaap op De Rust en was baie beïndruk met die rustigheid van die dorp, asook die vriendelikheid van die inwoners. Dis 'n heerlike wegbreek vanaf die stad en die ligging tussen die mooiste berge maak dat ek graag weer die dorp sal wil besoek. Ek kan 'n besoek aan De Rust met vrymoedigheid aanbeveel."
"Britstown is maar 'n klein plekkie. Maar 'n gerieflike oorslaap tussen die Kaap en Johannesburg. Daar was ook ander slaapplekke. En eetplekke"
"Pragtige, skoon dorp en 'n ongelooflike, ryk, interessante geskiedenis. Plattelandse dorpe kan gerus by Graaff Reinet gaan kers opsteek."
"Meer winkels sal van toepassing wees anders geen klagtes nie. Pragtige klein dorpie, ek sal definitief weer gaan!"
"Ons het basies in die donker daar aangekom en weer in die donker gery so ons kan nie eintlik kommentaar lewer oor Beaufort-Wes nie."
"Graaff-Reinet het ons aangenaam verras. Ons reisplan het nie toegelaat dat ons meer tyd daar spandeer nie, al sou ons graag wou."