Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11336 reviews.
"Die dorpie is in verval soos die meeste plattelandse dorpies. Baie hartseer. 'n Mens kan sien van die gastehuise probeer hul bes, maar die stadsraad is nie betrokke. Onderhoud is daar nie."
"Gariep Dam, it's big I like it because I like fishing. Also enjoyed everything there, it is not a boring place at all."
"Daar is talle gastehuise, meestal in van die ou huise langs die hoofstraat. Andersins lyk die dorp ongelukkig of dit agteruit gaan. Ons wou graag weer na die massiewe versameling tweedehandse boeke gaan kyk, maar dit is ongelukkig verskuif na 'n ander lokaal waarvan ons onbewus was. Maar die boekefees is die moeite werd!"
"Baie kort daar gewees, maar soos ek verstaan het Aberdeen 'n interessante geskiedenis. "
"Die dorp is maar omgekrap, maar gelukkig is Biffies Cottages aan die noordekant van die dorp geleë. Dit was een van ons oorwegende besluite."
"Te veel rommel en vullis in strate. Te veel gate in paaie. Die dorp kom slordig voor en lyk nie of daar enige munisipale dienste is nie."
"Graaff Reinet is een van ons gunstelingbesoekpunte, dorp het soveel geskiedenis en Vallei van Verlatenheid is onbeskryflik."
"Absoluut 'n besoek werd. Lieflike omgewing. Besoek gerus O for Olive-olyfplaas en -restaurant."
"Lieflike dorp. Besoek gerus Ibis Lounge, probeer die Karoo experience op die spyskaart. "
"Ongelukkig was ons net een aand, maar dink daar kan meer tyd met gesin spandeer word."
"Paar pragtige huise, dwars strate is vol slaggate soos meeste klein dorpies."
"Die rustigheid laat mens net lekker ontspan. Weg van die gewoel in die stad."