Verified Reviews
KwaZulu-Natal
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in KwaZulu-Natal
Rated 4.4 out of 5 based on 6556 reviews.
"Hier kry jy beste van 2 wêrelde: Natuurlewe met die park en ongelooflike strande. Almal sal tevrede wees!"
"Spud is heerlike retaurant en ons was groot groep van 10 mense en almal se kos was uitstaande. Lekker karaoke op Vrydagaand gehad."
"Stel voor dat Sodwanabaai meer en beter aanduidings het van plekke met toegang tot die see. Ons het op die derde dag, deur met 'n jong kelner te praat uitgeving waar daar uitstekende snorkel- en duikskole is. 'n Inligtingsentrum met goeie inligting sal 'n groot aanwins wees."
"Dis 'n heerlike vakansie atmosfeer met soveel lekker plekkies en markte en goedjies in die omgewing. Lekker wegbreeknaweek gewees."
"Dit was ’n werksbesoek. Durban as sulks is nie vir my ’n ideale bestemming nie. Daarom verkies ek eerder die Kloof-area."
"Klein, stil en pragtige dorpie aan die Suidkus. Naby genoeg aan al die bekende aanloklikhede tussen Shelly Beach en Port Edward. Vir seker geskik vir diegene wat ’n rustige, veilige vakansie saam met die gesin wil geniet."
"Being a smaller town, not too busy. Thankfully no thoroughfare roads, so very safe and quiet. Monkeys take chances, got to keep your eyes open!"
"Lovely town, we built great memories as a family. Thank you Ballito for treating us well."
"Fantastiese klein kusdorpie, maar hulle restaurante is onaangenaam en peperduur! Cornubia-winkelsentrum 8 km daarvandaan is puik met alles en nog watin terme van winkels, restaurante en wegneemetes. Ek gaan definitief weer na Mdloti. Lieflike strande geskik vir ouers en kinders, oral lekker plaspoele en swemplek."
"Margate self het te gekommersialiseerd geraak. Besig en lyk afgerem en nie meer so skoon nie. Die plekkies soos Ramsgate is egter spesiaal en nie ver van Margate af nie."
"Uvongo se strand was vreeslik vuil. Ons het as gesin bietjie verder elke dag gery en na Ramsgate of Southbroom se strande toe gegaan. Dis baie meer kindervriendelik en vir seker baie skooner!"
"Die feit dat geen alkohol op die swemstrand toegelaat was nie, was ’n groot bonus. Dit was die eerste keer dat polisie die wet toegepas het en het so ’n paar onwelkome karakters weggehou."
"Onthou om die getye dop te hou as jy in die rock pools wil gaan snorkel. Vir die beste pizza probeer Lighthouse, en vir die beste seekos maak ’n draai by Mseni."
"Neem sorg as jy in die aand ry, baie slaggate wat nie gesien kan word nie weens straatligte wat buitewerking is."