Geverifieerde Resensie
Lamberts Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1008 resensies.
"Meeste van die toerismeplekke was gesluit en dit gedurende 'n skoolvakansietydperk, dit was vreemd."
"Onopgesmukte juweel van 'n vissersdorpie wat mens se hart baie maklik steel. Daar is alle basiese tipes winkels - goeie slaghuis, viswinkel, hardeware, vulstasie, Spar, OK Foods, USave, PEP, verskeie restaurante ens, en wonderbaarlik bly selfoonsein sterk tydens load shedding, maar die ander hoofstroom-winkels ontbreek, en juis dit maak dat mens meer afskakel. Jy koop wat jy nodig het, maar fokus verder baie meer op ontspanning, gesinstyd, die skoonheid van die omgewing, en op goed soos uitstappies strand toe. Die dorpie se mense kom opreg warm, hartlik en behulpsaam oor. Die tipe plek wat mens laat wonder...en weer terugkom."
"Jackal Creek se live entertainment met Cornell is altyd fantasties. Isabellas is ook 'n wenner vir hawe-uitstappie en kos in die dorp. Muisbosskerm natuurlik vir daai buffet lunch met al die verskillende kosse."
"Were looking forward to a boat trip to bird island, or at least a walk to the island. But unfortunately, neither of these were available. Literally stopped over for these tourist attractions, so were disappointed."
"Lekker geëet by Isabellas en by Muisbosskerm. Alhoewel reënerig buite was wooneenheid heel gemaklik."
"Om eerlik te wees daar is nie veel om te doeni lekker restuarante ja, as jy net wil onspan is dit die plek vir jou, ons is 'n jong couple, ons het na die die plaaslike rugby gaan kyk want dit was al wat ons kan doen."
"Lambertsbaai het diep in ons harte gekruip! Dit is 'n plek met so baie potensiaal wat werklik 'n toerisme inspuiting nodig het. Die weer is verbasend lekker en die strande pragtig skoon. Dalk een van ons nuwe gunstelingplekke."
"Pragtige vissersdorp met die oulikste restaurante met heerlike snoekgeregte die mense is baie vriendelik en besoek gerus die hawe vir vars snoek wat elke dag in kom! Ondersteun ook die vrouens wat eetgoed verkoop op die hawe baie lekker en goedkoop!"
"Die oorspronklike onaangetaste argitektuur en kultuur van die dorp en sy mense is regtig iets om te beleef! Gaan maak gerus 'n draai op die kaai veral nou met snoektyd."
"Ons het die Museum besoek en die geskiedenis van Lambertsbaai is baie interessant mens het nooit gegaan. Baie mooi plek gaan beslis weer."
"Rustige dorpie. Al die nodigste is daar, en lekker eetplekke. 'n Uitstappie na Bird Island is ook iets om te doen."
"Pragtige dorpie teen die see met wonderlike restaurante. Ons het ons ete in Isabella's baie geniet. Soos in die meeste dorpsareas in Suid-Afrika is veiligheid egter `n probleem en gastehuiseienaars behoort hulle gaste te beskerm deur die nodige alarmstelsels aan te bring."
"First time visit to Lamberts Bay. We are from Cape Town and irritated that we haven't been to Lamberts Bay before! So glad we discovered it now. Not far from Cape Town. Lovely restaurants. Beautiful beaches. Friendly people. Great great place to come for a weekend or longer!"
"Een van die beste plekke, maar geriewe en dienste is relatief power."
"Lambertsbaai is 'n aangename dorpie met oulike restaurante en winkels. Voëleiland is ietsie lekkers om met die gesin te besoek."