Geverifieerde Resensie
Maloti Route, South Africa
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route, South Africa bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3628 resensies.
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Mont d’Or Hotel Clarens"Ons is baie verlief op Clarens, ongelukkig is die pryse in die verskillende winkels so dat jy nie regtig kan bekostig om iets te koop nie. Die eetplekke se pryse is nog binne perke."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Fairview Cottages"Clarens is so sentraal aan baie vakansie aktiwiteite insluitend perdry in Golden Gate, staproetes in Golden Gate, Ziplining, White water rafting, putt-putt, vierwielmotorfietsritte, gholf, staproetes in die Clarens Beware, tennisspeel, visvang ens. Ons kom altyd huistoe uitgerus en vervul na 'n Clarens vakansie."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Periwinkle Blue"Clarens is 'n baie lekker toeristebestemming en die afstand vanaf Johannesburg en Pretoria maak dit ideaal om te besoek vir 'n langnaweek."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Caledon Country House"Dit is 'n pragtige dorpie, met vriendelike inwoners. Dit is die enigste plek wat ek nog gesien het, waar die mense water bakke buite los vir dors honde! Die gesnuffel in die winkels weeg net baie swaar op jou beursie! Sal beslis weer gaan."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Ongeag Self Catering House"Ek wil hier aftree en begin skilder. "
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
The Courtyard Guest House"Clarens will always be any creative person's dream come true! "
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Paddocks 6"Clarens is 'n lieflike toeristebestemming. Daar is wel nie veel is om te doen in die dorp self met klein kindertjies nie. Sou lekker gewees het as daar dalk 'n tipe van 'n "play park" was waar hulle bietjie kon speel."
Fouriesburg, Malotiroete, Suid-Afrika
Die Pophuisie"'n Dorp vol geskiedenis, karakter en baie potensiaal, maar kies verblyf baie goed."
Fouriesburg, Malotiroete, Suid-Afrika
Sandstone Chameleon Guest House"Dis naby Clarens en Ficksburg."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
La Bri"Een puntjie van kritiek: Brood is so skaars soos hoendertande! Daar is 'n bakkery, maar die maak net oop as dit hulle pas. Dan bak hulle net 'n paar broodjies en klaar. Oral kan jy allerhande soorte broodmeel koop, maar o wee, geen iets wat lyk soos 'n broodpan nie. Die mense lag as jy vra vir 'n broodpan. Verder was dit regtig baie lekker. Lekker interessante winkeltjies, interessante eetplekke. Ons sal beslis weer by Clarens en natuurlik LA BRI gaan kuier. Dankie ook vir LekkeSlaap se wonderlike hulp."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
By the Way Gastehuis"Seker nie almal se tipe bestemming nie, maar 'n soort rustigheid wat byval vind. Interessante winkeltjies en eetplekke. Die uitsig is wonderlik. Dit is tog na genoeg aan die Gauteng mekka om die pragtige plekkie te besoek. Was heerlik."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Die Kruik"Clarens kort 'n behoorlike inligtingsburo. Pryse is buitengewoon HOOG. Die ou poskantoor was die allerlekkerste plek om te ontdek!"
Ladybrand, Malotiroete, Suid-Afrika
Top House"Ladybrand moet so vinnig as moontlik hul skouers optrek met hul historiese erfenis. Die museum se saga is iets vir die dorp om hulself te skaam. "
Fouriesburg, Malotiroete, Suid-Afrika
Twin Towers @ Fairview Estates"Fouriesburg het mooi ou geboue, maar moet meer die Clarens roete gaan om toeriste te trek. Sal sin vir hulle maak om die 2 dorpe te "link" en nie elkeen sy eie ding wil doen nie. Daar is so baie wat hulle saam kan bied."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Collett House"Clarens is a beautiful, clean, arty and welcoming town, we certainly will return."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
De Ark Mountain Lodge"Beste diens nog steeds Vito Restaurant/pizza. "
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Mont d’Or Hotel Clarens"Kan dalk meer aktiwiteite daar stel en ook die wat daar is verbeter. Eetplekke se diens is swak en winkels se pryse belaglik."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
The Courtyard Guest House"Aangesien dit 'n toeriste aantreklikheid is is die pryse van produkte baie hoog soos dit by enige vakansieplek is. Ons het Golden Gate toe gery en na 'n swemplek gesoek maar hulle swembad het volgens hulle nie water gehad nie. Dit was baie teleurstellend en die plek self het nie 'n goeie indruk gemaak nie. Dankie aan Montsori Mountain Lodge wat goedgunstiglik gesê het ons kan swem omdat ons ander gaste geken het en hulle gereeld besoek het. Alhoewel die swembad nie skoongemaak was nie het ons dit geniet. Ons het die uitsig baie geniet van die stoep van die hotel af en die kos was goed."
Clarens, Malotiroete, Suid-Afrika
Cottage Pie"Clarens is 'n absolute wonderlike plek en ons het elke dag ietsie ander gedoen. "
Fouriesburg, Malotiroete, Suid-Afrika
Lesoba Guest Farm"Het gaan eet by Plaasopstal en dit was 'n baie aangename ervaring."