Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3706 resensies.
"Dit is regtig 'n stunning, mooi, rustige dorpie. 'n Lekker verandering van die vinnige pas van Johannesburg. Die wegbreekie was net die regtig ding. Daar is ook genoeg aktiwiteite om jou besig te hou. Clarens Brewery is amazing verby, Vene die tattoo artist is 'n moet (as jy 'n tattoo mens is) en natuurlik Bokpoort Cowboy Ranch was 'n belewenis. Ek kan nie wag om weer te gaan nie."
"Clarens is die ideale plek om batterye te herlaai. Een word met natuur om jou asook die luuksheid van die snuffelwinkeltjies en natuurlik die allerlieflikste gallerye."
"Clarens is 'n pragtige dorpie met interessante winkeltjies en pragtige omgewing. Bier brouery produk probeer is 'n moet. "
"Clarens is 'n toeriste dorp. Ons het dit geniet om deur die dorp te loop en na al die winkeltjies te kyk, maar ek sal nie sommer iets daar koop nie want dis bietjie duur. Dis 'n pragtige dorpie en ek sal die dorpie graag weer wil besoek."
"Clarens is 'n baie interresante en pragtige dorpie. Het dit beslis geniet. Uitsig was pragtig. Oulikste winkeltjies en vriendelike mense."
"Ek het Clarens baie geniet , al die berge en skoon lug en mooi natuur. Die rustigheid was vir my so genotvol. Die mooi winkeltjies en restaurante was ook iets om te geniet."
"Die mense is baie vriendelik en dis baie lekker om orals heen te loop en al die mooi goed te sien."
"Oulike staproetes in 'n baie besondere stuk natuurskoon. As jy nie 'n kunsliefhebber is nie, is daar nie veel aan die dorpie nie."