Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3575 reviews.
"Die Sondagoggend-kerkdiens om 6:15 was die hoogtepunt oor die Paasnaweek. Ons het tuis gevoel tussen al die vriendelike mense en tee en hot cross buns na die diens geniet. Baie dankie aan al Clarens se mense wat dit spesiaal gemaak het."
"Clarens is 'n wonderlike plek om te gaan vir 'n langnaweek. Die mooi natuur en rustigheid doen die siel goed. Dit is een van my en my man se gunsteling-bestemmings."
"Die diens by al die eetplekke in Fouriesburg was uitstekend. Kan nie dieselfde sê van Clarens!"
"Fouriesburg is klein, maar ons het die padstalle baie geniet. Dit is naby genoeg om vir die dag Clarens toe te ry en ons het Clarens baie geniet. Brandstof mag dalk 'n probleem wees op Fouriesburg en Clarens (as jou motor 95 benodig) dan sal jy eers weer op Bethlehem of Ficksburg kan kry."
"Clarens is puik. Dit was 'n baie goeie ervaring. Golden Gate was vir my baie wonderlik."
"Dorpie was 'n verrassing. Netjies en skoon. So baie plattelandse dorpies lyk deesdae onversorg en gee die idee van agteruitgang. Fouriesburg was die teendeel."
"Love the natural beauty of the area. Clarens is a must for folk who like to shop in quaint little shops. "
"Ideale plek om te kom uitspan. Lekkerste eetplekke en baie koopplekke. Die omgewing en natuurskoon is onbeskryflik."
"Pragtige dorpie, rustig en alles wat jou laat vergeet van al die stres by jou werk."
"Clarens is 'n pragtige plek met baie om te sien en baie plekke om te eet en kuier. Sal wragtig weer gaan."
"Baie interessante dorpie. Aangenaam om daar rond te loop en alles te besigtig. Kan pragtige aandenkings en ander artiekels aankoop. Oulike resturante, veral die heerlike wafels, pannekoeke en melkskommels!"
"Wens net ek het meer geld gehad om uit te gee op al die mooi goete wat my ogies gesien het. Dit is 'n wonderlike plek met al die nodige fasiliteite."
"Pragtige dorpie met die lekkerste snuffelwinkels. Het 'n plaasgevoel ervaar met al die windpompe en kuierplekkies daar."
"Puik! Onthou dat Clarens ook gebuk gaan onder beurtrag. Dit kan nogal mens se beplanning omvergooi."
"Skoon en netjiese dorp. Baie vriendelike inwoners en winkeleienaars. Pragtige natuurskoon. Sal dit sterk aanbeveel."