Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3699 resensies.
"Baie aangename bestemming. My enigste negatiewe kommentaar is dat meeste restaurante al 18h00 hulle kombuise sluit. Mense met vakansie sou graag later goeie kos wou geniet. Kan die Highlander aanbeveel. Hulle was oop en die kos was lekker."
"Clarens self is nie meer wat dit was so kort as 3 jaar gelede nie, elke winkeltjie in Clarens verkoop min of meer dieselfde aandenkings wat mens sal kry by 'n mark in die Hartebeespoortdam-omgewing, die karwagte is baie lastig. Dis steeds 'n mooi dorpie, hier en daar steeds 'n unieke plekke, gaan ondersteun gerus Clementines-restaurant, goeie diens en lekker atmosfeer."
"Van die mooiste landskappe in die wêreld. Van die restaurante het teleurgestel, nou en 'n vorige keer in dié jaar ook."
"Ons is gek oor Clarens en al bly ons 'n klipgooi ver geniet ons dit gereeld as 'n naweek en vinnige wegbreek vakansiebestemming!"
"Een van ons gunsteling bestemmings. Naby genoeg aan Johannesburg om vir 'n vinnige naweek te kom."
"Quaint town, but the road infrastructure is in serious need of maintenance. Potholes and ruts abound. I would recommend driving SUVs to Clarens and not low slung sedans,"
"Clarens is a beautiful place, especially the mountains. We will be definitely going back in the future. "
"Beautiful town with a wide selection of lovely artist galleries and restaurants."
"My heel eerste keer in Clarens gewees. Dis beeldskoon, vriendelik, gasvryheid, lekker kuierplek."
"Dit is rerig 'n lekker dorpie vir 'n wegbreek maar raak regtig baie besig en beknop wat goed is vir die besighede so mens werk om die spitstye."
"Die Plaasstoep restaurant was baie vriendelik. Het die heerlikste ontbyt bedien het sommer 2 keer met die fietse soontoe gery net om hul ontbyt te kon geniet met die plaasatmosfeer. Met tuisgebakte brood en al."
"The town is quaint, artsy and beautifully situated in the mountains. Even over peak season, we still felt relaxed, safe and welcomed."
"A pity about the potholes on the way there (R26), but no reflection on the guesthouse and town. Clarens is a great destination!"
"Fantastiese omgewing. Maar die paaie in die omgewing raak uiters sleg, wat toerisme mag benadeel."
"Wonderlike bestemming vir toeriste, groot verskeidenheid van dinge om te doen. Veilig en vriendelike gemeenskap."