Geverifieerde Resensie
Maloti Route, South Africa
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route, South Africa bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 218 resensies.
Rosendal, Malotiroete, Suid-Afrika
Witteberg Cabin"Dis 'n pragtige omgewing, en al die mense en besigheidseienaars ( Oppidam, Yolla's en Benjamin's) was vriendelik, toeganklik en uiters behulpsaam. Die pad vanaf die afdraai vanaf Senekal is uiters verweerd en moet met versigtigheid aangedurf word."
Ladybrand, Malotiroete, Suid-Afrika
Ladybrand Heritage House"Geleë in mooi deel van die Oos-Vrystaat, met 'n ryk geskiedenis. Net jammer oor die slegte paaie soontoe en in die dorpie self."
Rosendal, Malotiroete, Suid-Afrika
Meerkat Manor"Baie rustig, inwoners vriendelik en eetplekke baie goed."
Rosendal, Malotiroete, Suid-Afrika
Meerkat Manor"Die munisipaliteit sal dringend moet kyk na water en kragvoorsiening na die mooi plekkie. Die teerpad is bykans onrybaar met vele slaggate."
Ladybrand, Malotiroete, Suid-Afrika
Cranberry Cottage"Vir 'n plattelandse dorpie is ek verras. Baie mooi."
Rosendal, Malotiroete, Suid-Afrika
Witteberg Cabin"Baie stil dorpie, maar hoe stiller hoe beter om uit te rus."
Ladybrand, Malotiroete, Suid-Afrika
Cranberry Cottage"'n Bekoorlike dorpie. Ten spyte van slegte paaie, is die dorpie skoon en netjies!"
Rosendal, Malotiroete, Suid-Afrika
Die Withuis"Rosendal is 'n pragtige, klein Vrystaatse dorpie. Baie rustig. Inwoners baie vriendelik en hulpvaardig. Oppidam Coffee Shop beslis 'n moet, baie vriendelike diens en Hennie en Rudi se kos is uitstekend. Benjamins word aanbeveel vir die allelekkerste wafels, veral die appelstrudel! Sal beslis weer teruggaan vir rus en vrede."
Rosendal, Malotiroete, Suid-Afrika
Meerkat Manor"Rustige dorpie met wonderlike mense. Die atmosfeer van die dorp is net wonderlik."
Rosendal, Malotiroete, Suid-Afrika
Witteberg Cabin"Go, you will not regret it. You might even come back having bought a plot of land!"
Ladybrand, Malotiroete, Suid-Afrika
Little Rock"Meeste strate kort dringend aandag om slaggate te herstel, dit blyk ’n groot probleem in die hele Oos Vrystaat te wees. Pragtige ou geboue wat in ’n sekere mate nog onderhou word, goed om te sien alles word nie net verniel nie. Strate was skoon en mense vriendelik."
Clocolan, Malotiroete, Suid-Afrika
Ben Nevis Guestfarm"Die dorpie self is baie baie agteruit - ek het in die negentig jare baie daar gekom en gewerk, maar since that is alles agteruit - tot die NG-kerk en hoërskool. Strate chaoties - net gate."
Rosendal, Malotiroete, Suid-Afrika
Witteberg Cabin"The people of Rosendal are trying hard to make there town work and the need our support. Lovely little country town."
Rosendal, Malotiroete, Suid-Afrika
Witteberg Cabin"Daar is net 'n paar klein winkels in die dorp, wat die minimum verkoop en wat vroeg toemaak. Beplan daarvolgens. Nie al die restaurante is van dieselfde gehalte nie."
Ladybrand, Malotiroete, Suid-Afrika
Geco B&B"Unfortunately the streets and pavements of Ladybrand although fairly clean are in a very bad state of repair. We were told you cannot drink the tap water so have to buy bottled water. Sad to see a once lovely town falling into a state of bad repair."
Ladybrand, Malotiroete, Suid-Afrika
Cranberry Cottage"Die paaie is in 'n haglike toestand! Moet nie met 'n sportmotor aangedurf word nie."