Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3699 reviews.
"Ons was aan die begin Desember in Clarens - asemrowende natuurskoon waarvan foto's nooit genoeg kan vertel nie, unieke winkels en eetplekke, staproetes orals in die omgewing. Golden Gate word sterk aanbeveel. Oorgenoeg om jou geïnteresseerd en besig te hou."
"Shops too expensive for pensioners. Prices, even in the restaurants seems to cater for people with foreign currency. The loud drum music played in the main square until late on Saturday night. It spoiled my weekend which started off peacefully. Maybe this town only caters for the younger generation."
"They had a festival there this weekend, Clarens is for the arts and tasteful entertainment, not a loud music festival."
"Clarens en omstreke is 'n pragtige omgewing en gelukkig was die dorp self ook skoon, dit lyk egter of Golden Gate park se wild verdwyn het, die toegangbeheerhekke op die hoofpad lyk ook verskriklik, dis glad nie 'n goeie advertensie vir 'n toeris nie, dit lyk of die plek gestroop word."
"Die dorp self bied net genoeg om jou besig te hou. Die omgewing is besonders mooi met baie baie interessante berg formasies. Daar is 'n paar goeie restaurante om te probeer en ook die Golden Gate Nasionale Park in die onmiddellike omgewing."
"A wonderful village with awesome eateries, brewery and distillery. Sandstone Estate 50 minutes away was a superb hidden gem."
"It's a lovely little town for a relaxing weekend. They could have a few more restaurants open for the evenings."
"Mooi dorpie en lekker gekuier. Heerlik om daar rond te loop tussen interessante winkeltjies."
"Clarens se binnegoed ondergaan 'n gedaanteverwisseling wat niemand weet wat dit gaan oplewer in die toekoms. Sekere ongewenste elemente het dit reggekry om in te sypel oor die onlangse onsekere landsomstandighede. Clarens kort visie, maar sal altyd 'n unieke bestemming bly."
"As jy graag stap of net wil ontspan is dit 'n goeie plek. Ons was van Maandag tot Vrydag daar en dit was 'n baie aangename tyd. Ek weet net nie van naweke en vakansies nie. Dan kan dit dalk baie besig raak as ek na die inwoners luister."
"A delightful little town with a lot to do. We are already planning another visit."
"Sal verseker langer gaan om die pragtige wêreld te gaan verken. 'n Naweek is heeltemal te kort."
"In vergelyking met vorige kuiers daar kon mens die nadraai van Covid sien deurdat sommige besighede dit ongelukkig nie kon maak nie. Daar is egter baie tekens van oplewing deur middel van nuwe boupersele ens. Die omgewing rondom Clarens bv Golden Gate is 'n fees na die reën in die Vrystaat."
"Clarens het maar net ’n bekoring wat jou altyd laat teruggaan."
"Sekere restaurant water hulle drank af en dit is onnodig, betaal premium prys en verwag dan ten minste wat jy voor betaal, verder was dit 'n baie lekker ondervinding en sal beslis weer gaan kuier"
"Was aangenaam verras met die hoeveelheid restaurante en akkommodasie beskikbaar in Fouriesburg. Dis ook 'n lekker basis om die omliggende gebiede te verken."
"Clarens het so biejie van sy sjarme verloor. Daar is 'n paar plekke wat toe gemaak het. Van die winkels het werklik mooi en oorspronklike goed. Dit is 'n lekker feestelike omgewing."
"Beautiful town with so much to do. You need at least a week and a half to experience the beauty, wonders and the art route experience. Wonderful restaurants too, family friendly and full of fun"
"Dit bly 'n asemrowende bestemming. Nie net is dit in 'n pragtige deel van ons land geleë nie, maar daar word baie interessante doendinge aangebied wat in almal se smaak sal voorsien."