Geverifieerde Resensie

Maloti Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3699 resensies.

Clarens, Malotiroete

414 Rose Cottage

"Get rid of all the mass-produced, so called "art"and "crafts" and other items that one can buy elsewhere for less and focus on local handcrafts and locally grown produce. Also need more variety in terms of types of shops, not four or five shops selling the same items. Clarens is a beautiful town and we thoroughly enjoyed our stay, but it didn't quite live up to the expectations created on the web and social media. Also the noise levels from dragsters speeding up and down the Main street at all hours was most unpleasant. If I wanted disruptive traffic noise, I could have stayed at home."

Clarens, Malotiroete

Honeysuckle Clarens

"Ons wens hulle alle sterkte toe vir die toekoms en herstel na die pandemie."

Clarens, Malotiroete

Woodlands Retreat Private Property

"Mooiste dorpie. Lekker rustig."

Clarens, Malotiroete

Red Mountain House

"Rustig en die plek om te wees vir 'n wegbreek."

Clarens, Malotiroete

Die Kruik

"Ons het by 3 verskillende plekke geëet. Al 3 kere heerlik."

Clarens, Malotiroete

Rooiberg View Clarens

"Dis definitief 'n bestemming vir 'n paartjie wat tyd saam wil spandeer en rustig wees. Pragtige natuur en heerlike kos. Veral die Duitse restaurant, Roterhan, hulle kos was heerlik. Die Golden Gate area is baie mooi vir stap en rondry."

Fouriesburg, Malotiroete

Rustica Accommodation

"Fouriesburg is die plek om te gaan bly as jy Clarens toe wil gaan omdat dit meer stil is en die pryse is ook baie beter. The Windmill is die plaaslike inwoners se gunsteling eetplek en dit lyk ongelooflik mooi. Fouriesburg gee vir ons ‘n plattelandse gevoel en dit was wonderlik!"

Clarens, Malotiroete

Periwinkle Blue

"Clarens is waar jy sielskoonmaak. Beveel die kunsdorpie vir enige mens aan."

Clarens, Malotiroete

Arundel Studios

"Baie lekker om jou dag in Clarence te spandeur. Mooi goed om te sien en lekker plekkies om by te eet en kuier."

Clarens, Malotiroete

Hannic's Retreat

"Heerlik, veilig, vakansie-atmosfeer met pragtige omliggende berge. 'n Tuiste vir die moeë mens wat van die stad af kom en net 'n paar dae wil ontglip van die gewoel van die stad."

Clarens, Malotiroete

Linwood Guest Farm

"Clarens sal altyd 'n besonderse plek in my hart hê - veral nou dat ek daar getrou het!"

Clarens, Malotiroete

Elsewhere

"We will return!"

Clarens, Malotiroete

Old Mill Drift Guest Farm

"Die juweel van die Vrystaat."

Fouriesburg, Malotiroete

Pumula Guest Farm

"Klein dorpie, lekker eet- en ontbytplekkie, Die Kombuis. Pragtige ligging."

Clarens, Malotiroete

Mt Horeb Manor

"Pragtige plekkie waar mens heerlik kan kuier!"

Clarens, Malotiroete

Fairview Cottages

"Clarens het ongelooflike fantastiese vriendelike mense wat nie deur Coronavirus ondergekry is nie. Elke winkeltjie is 'n belewenis en oral word jy vriendelik ontvang. Die restaurante het elkeen besonderse disse. Ek sal beslis Clementines en Post House Restaurante aanbeveel."

Fouriesburg, Malotiroete

Fouriesburg Country Inn

"Lekker sentraal geleë, stil en rustige dorpie."

Clarens, Malotiroete

Larola Terraces

"Pragtige dorpie. Skoon en lekker om daar te kuier."

Clarens, Malotiroete

Views

"Heerlike kuierdorp."

Clarens, Malotiroete

V'Kansi Khaya

"Clarens is so 'n rustige dorpie en alles is loopafstand. Daar is baie om te sien en die omgewing buite Clarens te verken, jy sal nooit verveeld wees nie. Dit is die beste plek om van daaglikse stres ontslae te raak."

Fouriesburg, Malotiroete

Rustica Accommodation

"Gaan gerus na Windmill Pub & Grill toe."

Fouriesburg, Malotiroete

Uitzicht Game Lodge

"Goeie toerismebestemming net jammer die provinsiale paaie na en van die plek is in ‘n haglike toestand. Om in die nag te reis is lewens gevaarlik."

Clarens, Malotiroete

Gypsy Wagons

"Dit was ons eerste keer in Clarens, ons het gekyk na huispryse op tweede dag. Ons sal vir seker gereeld teruggaan, en almal aanraai om Clarens te besoek. Dalk eendag kan ons ons eie huisie daar koop!"

Ficksburg, Malotiroete

The Woodpecker Guesthouse

"Ficksburg is in 'n toestand van verval. Die paaie is baie sleg, en ek sal nie soontoe gaan in 'n gewone motor nie. Die omgee is egter ongelooflik mooi en ek sal dit weer besoek as 'n toeris."

Clarens, Malotiroete

Honeysuckle Clarens

"Die omgewing en natuurskoon is asemrowend. Die dorpie sukkel na die Covid-19-pandemie, dit gaan oral oor die geval wees."

Clarens, Malotiroete

Views

"Clarens is pragtig. Dit is ons tweede besoek. Al hoekom ek nie 5 sterre gee nie is omdat die winkeltjies se pryse vir my duur is. Dit is nie duur om te bly en om te eet nie, maar om general inkopies by die winkeltjies te doen is duur."

Clarens, Malotiroete

God's Gift Self-catering Cottage

"Mense verskil. Vir my persoonlik het Clarens baie verander vandat ek daar was paar jaar gelede. Ek sal nie weer teruggaan nie. Die winkeltjies is te dieselfde met een of twee verrassings. Alles te stereotiep. Net ons beskeie mening."

Clarens, Malotiroete

Villa 176 @ Clarens

"Clarens is 'n mooi dorpie en daar is lekker eetplekke en interessante winkels. Soos mooi skilderywinkels. Staproetes gedoen en mooi gemerk. Baie in die omgewing soos Golden Gate. "

Clarens, Malotiroete

The Clarens Country House

"Eetplekke in dorp is topgehalte."

Malotiroete

The Cottage @ Umpukane

"Dis een van daai roetes waar jy wens die pad hou aan en aan. Natuur is beeldskoon."

Blad
Blad 61 - Wys 1801 tot 1830
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang