Geverifieerde Resensie

Maloti Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3699 resensies.

Clarens, Malotiroete

Clarens Manor

"Beautiful quiet town, definitely not for people wanting to party."

Clarens, Malotiroete

La Bri

"Clean town and friendly people."

Clarens, Malotiroete

V'Kansi Khaya

"Mooi dorpie en lekker gekuier. Heerlik om daar rond te loop tussen interessante winkeltjies."

Clarens, Malotiroete

Clarens on Collett

"Juweel van ’n plek!"

Clarens, Malotiroete

Rooikat Cottage

"Clarens se binnegoed ondergaan 'n gedaanteverwisseling wat niemand weet wat dit gaan oplewer in die toekoms. Sekere ongewenste elemente het dit reggekry om in te sypel oor die onlangse onsekere landsomstandighede. Clarens kort visie, maar sal altyd 'n unieke bestemming bly."

Clarens, Malotiroete

278 on Main

"Het die lekkerste sushi geëet by Ticazyza Cuisine in Clarens."

Clarens, Malotiroete

Views

"As jy graag stap of net wil ontspan is dit 'n goeie plek. Ons was van Maandag tot Vrydag daar en dit was 'n baie aangename tyd. Ek weet net nie van naweke en vakansies nie. Dan kan dit dalk baie besig raak as ek na die inwoners luister."

Clarens, Malotiroete

Clarens Mount Rose Self-catering Holiday House

"A delightful little town with a lot to do. We are already planning another visit."

Malotiroete

Imla Guest Farm - Waterfall

"Sal verseker langer gaan om die pragtige wêreld te gaan verken. 'n Naweek is heeltemal te kort."

Clarens, Malotiroete

Rooikat Cottage

"Ons is mal oor Clarens. Gaan baie gereeld!"

Clarens, Malotiroete

Willow Villas

"Clarens is en bly een van die mooiste dorpies in Suid-Afrika."

Clarens, Malotiroete

La Bri

"In vergelyking met vorige kuiers daar kon mens die nadraai van Covid sien deurdat sommige besighede dit ongelukkig nie kon maak nie. Daar is egter baie tekens van oplewing deur middel van nuwe boupersele ens. Die omgewing rondom Clarens bv Golden Gate is 'n fees na die reën in die Vrystaat."

Clarens, Malotiroete

Clarens Main Street The Loft & The Studio

"Clarens het maar net ’n bekoring wat jou altyd laat teruggaan."

Clarens, Malotiroete

Bikiberg

"Sekere restaurant water hulle drank af en dit is onnodig, betaal premium prys en verwag dan ten minste wat jy voor betaal, verder was dit 'n baie lekker ondervinding en sal beslis weer gaan kuier"

Fouriesburg, Malotiroete

Goedgeleë

"Was aangenaam verras met die hoeveelheid restaurante en akkommodasie beskikbaar in Fouriesburg. Dis ook 'n lekker basis om die omliggende gebiede te verken."

Clarens, Malotiroete

Old Mill Drift Guest Farm

"Clarens het so biejie van sy sjarme verloor. Daar is 'n paar plekke wat toe gemaak het. Van die winkels het werklik mooi en oorspronklike goed. Dit is 'n lekker feestelike omgewing."

Clarens, Malotiroete

Odendaal’s Ridge

"Beautiful town with so much to do. You need at least a week and a half to experience the beauty, wonders and the art route experience. Wonderful restaurants too, family friendly and full of fun"

Clarens, Malotiroete

V'Kansi Khaya

"Fantastiese mooi wêreld met sy mooi berge en natuurskoon."

Clarens, Malotiroete

Die Blou Huis

"Dit bly 'n asemrowende bestemming. Nie net is dit in 'n pragtige deel van ons land geleë nie, maar daar word baie interessante doendinge aangebied wat in almal se smaak sal voorsien."

Clarens, Malotiroete

Villa 176 @ Clarens

"Lyk of die skoonheid van die dorp so bietjie agteruit gegaan het, maar seker verstaanbaar met die pandemie op hande."

Clarens, Malotiroete

Arundel Studios

"Clarens, waar om te begin, ek kan nie wag om terug te gaan nie, definitief een van my gunstelinge in SA!"

Clarens, Malotiroete

Bikiberg

"Pragtige dorp."

Clarens, Malotiroete

Gypsy Guest House Clarens

"Ons is mal oor Clarens dis so 'n aangename dorpie met restaurante uit die boonste rakke."

Clarens, Malotiroete

Gypsy Guest House Clarens

"Lieflike plek om vir 'n naweek weg te breek en te rus."

Clarens, Malotiroete

Views

"Clarens is ons hemel op aarde! Kan ek méér sê? Dankie, Goeie Vader, vir hierdie beeldskone plek in die Vrystaat!"

Clarens, Malotiroete

V'Kansi Khaya

"Clarens is en bly 'n pragtige plek dwarsdeur die jaar."

Clarens, Malotiroete

Woodlands Retreat Private Property

"Pryse is buitensporig. Mense oor die algemeen nie vriendelik en behulpsaam nie. Inwoners is duidelik geïriteerd met toeriste. Hulle besef skynbaar nie dit is hul brood en botter nie. Clementines Restaurant kan hoog aanbeveel word vir top gehalte kos, aangename atmosfeer, goeie diens en billike pryse."

Clarens, Malotiroete

Ongeag Self Catering House

"Die dorp het baie agteruit gegaan en die gebrek aan toeriste inligting is 'n leemte wat tog maklik iets aan gedoen kan word."

Clarens, Malotiroete

Knock Out View

"Lekker dorpie, great winkeltjies en restaurante. En pragtige area."

Clarens, Malotiroete

Mountain Villa 238

"Dit is hoekom ek altyd terugkeer na Clarens. Altyd lekker vir so 'n wegbreeknaweek."

Blad
Blad 58 - Wys 1711 tot 1740
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang