Verified Reviews
Maloti Route, South Africa
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route, South Africa
Rated 4.6 out of 5 based on 3628 reviews.
Ladybrand, Maloti Route, South Africa
Ladybrand Heritage House"Daar is baie meer in die dorp as wat ek gedink het met werklike mooi ou geboue en mooi bergagtige area aan die voet van Lesotho. "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Highland Quarters"Heerlike atmosfeer en lekker kuierplek met tipiese Vrystaatse gasvryheid en heerlike restaurante."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Birch Cottage"Die R26-pad kort dringend instandhouding. In sy huidige toestand is dit lewensgevaarlik om daarop te ry."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Rooiberg View Clarens"'n Heerlike en interessante naweekbesoekplek - selfs langer: daar is genoeg te sien en doen!"
Clarens, Maloti Route, South Africa
Arundel Studios"Dit is 'n wonderlike en vriendelike dorpie. Mens vergeet van die wêreld daarbuite en geniet elke oomblik daar. Sal weer en weer daarheen gaan."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Views"Die berge is pragtig en is wat ons tot Clarens aangetrek het. Die winkeltjies is oulik, maar 'n mens kan ook net soveel winkeltjies besoek. Baie van die winkeltjies het ook dieselfde tipe voorraad, so dit raak bietjie vervelig. Dit is definitief nie 'n plek vir iemand wat nie van shop hou nie! Ek dink 'n mens kan ander soortgelyke plekke nader aan Gauteng (van waar ons is) besoek. Ons het 'n dringende mediese noodgeval gehad en moes deurjaag na Bethlehem toe, omdat die dokter nie beskikbaar was buite sy spreekkamerure nie."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Red Mountain House"Heerlike naweekkuier. Lekker eet, fietsry en rondsnuffel in winkeltjies. Restaurante raak baie vol in die aand - so bespreek vooruit."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Villa 176 @ Clarens"Awesome dorpie en uitstekende restaurante. Eat Cheese Deli vir ontbyt en Costos vir aandete is 'n moet vir elke persoon wat Clarens besoek, maak net seker jy bespreek by Costos voor die tyd."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Clarens Valley Lodge"Dit is die mooiste dorpie met soveel aktiwiteite om te doen."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Dragonfly Self-catering and Bike Rescue"Clarens is 'n wonderlike rustig dorp waar jy kan ontspan en rus, met baie om te doen in en om Clarens. Die restaurante is top klas met iets vir elke smaak. Snuffel gerus rond in die talle winkels."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Francisco Guesthouse & Villa Clarens"Pragtige natuurskoon en omgewing! "
Clarens, Maloti Route, South Africa
Rooikat Cottage"Absoluut mal oor Clarens. Sal weer en weer daarnatoe gaan."
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Sandstone Chameleon Guest House"Grondstrate het dringende aandag nodig."
Clarens, Maloti Route, South Africa
God's Gift Self-catering Cottage"Asemrowende uitsig, Clarens is skoon en veilig en als is bymekaar. Moenie enige kettingwinkels verwag nie, maar dit maak die dorpie uniek."
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Mafube Mountain Retreat"Pragtige dorp en goed geleë om al die besienswaardighede te besoek, asook Lesotho. "
Fouriesburg, Maloti Route, South Africa
Lesoba Guest Farm"Fouriesburg self is gemiddeld, maar pragtige omgewing vir 'n reisiger."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Talking Trees Self-Catering House"Baie rustige toeristebestemming."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Hannic's Retreat"Altyd lekker om in Clarens te kuier, alleen of saam met vriende."
Clarens, Maloti Route, South Africa
Stonehaven Clarens"Baie geniet. Was eerste keer, maar nie die laaste keer nie."
Clarens, Maloti Route, South Africa
The Courtyard Guest House"Ons geniet elke keer ons besoek aan Clarens en ontdek altyd iets nuuts. Die hele dorpie het 'n heerlike atmosfeer en ons ontspan heerlik."