Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3695 reviews.
"Fantastiese toeristebestemming, sal definitief weer Clarens en Old Mill Drift gaan besoek."
"Heeltemal overrated wat die dorpie betref. Die winkeltjies is niks besonders nie en buitensporig duur. Die omgewing en natuurskoon is egter fantasties."
"Pragtige dorpie, sal beslis weer wil besoek, maar vir langer periode. Supermarkfasiliteite is beperk en duur. Ons besoek was oor die Oujaar- Nuwejaar-periode en die dorp was tjok-en-blok vol bespreek en besig, maar algemene netheid van geboue en strate kort beslis aandag om sy status van Dorp van die Jaar gestand te doen."
"Dit is sommer net lekker om in 'n eg Suid-Afrikaanse dorpie te kan kuier. Rus en vrede vir jou siel. "
"Fouriesburg was 'n gerieflike basis om vanaf Lesotho te verken en die dorp sal my beslis weer sien. Ons het gaan stap deur die dorp en die inwoners het sonder uitsondering baie vriendelik gegroet."
"Clarens is n pragtige, klein dorpie met wonderlike mense. Laat mens dadelik tuis voel. Soveel om te doen, veral as jy hou van die natuur. "
"Pragtige, ongerepte dorpie met wonderlike natuurskoon en baie besienswaardighede. Baie vriendelike gasvryheid waar jy kom. "
"Regte mense wat omgee! Kan definitief die gholfklub aanbeveel. Lekker kos en Mabel is so goed met die kinders."
"Lieflike, ongerepte dorpie met alles wat jy nodig het om gerieflik en rustig te kuier. Ongerepte natuur en baie plekke te besigtig sommer naby. "
"We didn't do much, but the town seemed safe and the people super friendly, will definitely try go back."