Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3695 reviews.
"Ek wou nog altyd die dorpie en sy omgewing besoek en sal beslis weer eendag soontoe wil gaan. As ek mag, sal ek graag wil voorstel dat hulle die Tugella Waterval meer bemark. Dit is die tweede hoogste waterval in die wêreld en toe ons daar aankom vind ons uit dat daar 'n drie uur stap (een rigting) is en dit was toe reeds te laat die middag om die tog aan te pak."
"Dorpie is baie duur. Op die beste langnaweek sal van die eetplekke se kombuis sluit om 6 pm wanneer almal wil uitgaan om te eet. Eienaar sal ook nie skroom om jou koud net weg te wys nie. 'n Spar of Pick 'n Pay sal 'n aanwins wees vir ons middelklas en die dorpenaars en gemeenskap."
"Sentraal geleë in 'n pragtige landskap en die hart van die dorp klop in die Fouriesburg Country Inn."
"The food venues need to step up on the standard of food served. "
"Die pad tussen Clocolan en Ladybrand is vol slaggate en 'n mens kan nie vinniger as 80km/h ry nie, wat jammer is, want die pad kan eintlik so maklik reggemaak word en dan sal die rit nie so moeilik wees nie. Ons het van Bloemfontein afgekom, tot op Ladybrand is die pad werklik mooi."
"Ladybrand is aan die voet van die Maluti/Drakensberge. Ongelooflik mooi. Baie ontspanne omgewing en ideaal vir die avontuurlustige reisiger. "
"Baie ontspanend, goeie oefening ingekry met al die loop na die verskye winkels, restaurante goeie kos en bekostigbaar."
"Clarens is baie mooi en skoon. Lekker staproetes. Overall is die dorpie over priced. "
"Die enige groot plus is die nabyheid van Golde Gate. Die dorp is maar dooierig gedurende die week buite seisoen."
"Vir fotograaf wat in landskap en natuurtonele belangstel, pure vreugde. Winkeltjies se pryse natuurlik buitensporig."
"What a serene and tranquil, quaint little town! When I need a break from the hustle and bustle of JHB, that is definitely the place to be! I will never get tired of visiting Clarens and will always stay at Fairview Cottages, the view is spectacular! The town must just retain it's originality and quaint character! Will recommend to my family and friends."
"Pragtige dorp omring deur sandsteenberge met 'n wonderlike atmosfeer, verskeie restaurante, skoon lug, vriendelike en behulpsame mense en interessante kuns en snuffelwinkels. "