Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3695 reviews.
"Daar vergeet jy van jou werk, persoonlike en sommer alle probleme, ek vind weer my siel daar, dit is 'n ongelooflike plek."
"Try to get a place as far from the informal settlement as possible. During weekends the noise can be bothersome! "
"Clarens as besigheidsdorpie vir toeriste, het baie ontwikkel en bied iets vir elkeen se smaak."
"Het ons maar net geweet dat Clarence so pragtig is met soveel plekkies om te sien, dinge te doen en proe het ons langer gebly."
"Clarens is sprokiesmooi met die mooiste berge in elke rigting. Dis 'n lieflike dorpie vir natuurliefhebbers, kunstiges en enigiemand wat 'n rustige blaaskans nodig het."
"Dit is altyd lekker om Clarens te besoek en rustig deur die verskeidenheid winkels te beweeg en die etes by die restaurante te nuttig. Ons het ook lekker by die brouery gekuier. Dit is ook lekker om deur die natuur te beweeg (stap) en dit ten volle te sien. "
"Jammer dat daar nie 'n gewone supermark is nie (Spar of Pick n Pay), voorrade is baie duur, restourante ook! "
"Ons is gaande oor Clarens. Perfek vir daai wegbreek van die huis sonder om ure op die pad te spandeer."
"Clarens is 'n pragtige dorpie met baie meer om te bied as wat dit lyk. Dié klein dorpie spog met talle kunsgalerye, winkels en restaurante uit die boonste klas. Die plekkies wat ons die meeste geniet het was die Clarens Brewery en Friends Restaurant and Pub. Die brouery bied gratis bier-en ginproesessies aan en die personeel is baie vriendelik. Die kroeg bedien kos wat waarde vir geld is en dit is smaaklik. Clarens gons behoorlik met mense van regoor die wêreld, nie net Suid-Afrika nie, en dit is lekker om deur die Golden Gate te ry vir pragtige uitkykpunte van die nasionale park! Behalwe vir die weer wat in die aande nie saamgespeel het nie, sou ons Clarens 10 uit 10 gee!"
"Ek het Clarens seker al 16 keer besoek, dit bly maar net 'n onvergeetlike bestemming. Dis 'n plekkie baie na aan my hart. "
"Die moeite werd, 'n wegkomkans uit die gejaagde lewe, voel soos 'n ander wêreld."
"Peaceful location. If want to get away from the busy city life to have a peace of mind and clean air, I would recommend you visit Clocolan."
"Dit was altyd vir my 'n halfweghuis na die Katse Dam asook Semonkong by die Maletsenyane-waterval asook die voormalige toeriste kantoor in Ladybrand. "
"Fantastiese dorpie; skoon en netjies; vriendelike mense; baie te doen; kan `n week daar bly; sal weer teruggaan!"
"Clarens is baie mooi, rustig, veilig en bied kwaliteit en waarde vir besoekers enige tyd van die jaar."