Verified Reviews
Maloti Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Maloti Route
Rated 4.6 out of 5 based on 3695 reviews.
"Wonderlike dorpie wat ek vir enigeen wat bietjie uit die stad se gedruis wil wegbreek sal aanbeveel. Lekker vermaak vir groot en klein."
"Ons was by die lodges, padstalle, B&B's en restaurante baie vriendelik ontvang en dit het ons Oos-Vrystaat toer aangenaam gemaak. "
"Verskriklike lekker dorpie om te gaan ontspan veral met al die "craft beer" en self gestookde gin. Sal enige tyd weer gaan kuier vir die verskriklike vriendelike mense en die feit dat Clarens so naby die Golden Gate is maak dit soveel meer spesiaal."
"Baie interessante dinge om te sien en te doen in Fouriesburg, met vele verrassings. Het heerlike aandete geniet by Windmill Pub and Grill!"
"Ongerepte natuur en mooi dorp wat mens terugneem in tyd is net wat nodig is. Bly net so!"
"Restaurants cater more for breakfast, coffee times and afternoon eats and not many options available at night time. Titanic View are currently looking into serving evening home cooked meals as well which would be wonderful."
"Clarens verdien 'n besoek. Daar is baie interessante dinge om te sien en doen. Baie mooi geleë en naby Golden Gate."
"Natuurskoon slaan jou asem weg. Sit maar die hooglande van die Oos-Kaap op jou emmerskop-lysie. En vat die agterpaaie, jy sal nie spyt wees nie!"
"'n Pragtige dorpie met iets vir almal. Die pragtigste plein en vriendelike mense honed waterbakke oral en rus plek vir pa terwyl ma lekker inkopies doen. Golden Gate is pragtig die basoto cultural village, Fouriesburg kersies wat meer kan jy vra."
"As Clarens te besig word, geniet ons die staproetes by Golden Gate baie en dis net 20 km vanaf Clarens. "
"Enige iemand van jonk tot oud kan in Clarens kom rus. Pragtige staproetes en asemrowende uitsigte om te geniet. Clarens is een van ons gunsteling wegbreke. "
"Dis waarlik die Vrystaat se juweel. Dis enige toeris se droombestemming!"