Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3699 resensies.
"Ladybrand is pragtig en lyk na 'n rustige dorp. Dit is by die Lesothogrens. Ons het dit terdeë geniet."
"Clarens is a lovely city that has a lot to offer: interesting shops, good restaurants and the Golden Gate National Park is nearby and is lovely for hiking. "
"Dit is altyd lekker in Clarens ongeag die weer. Die winkels. Die eetplekke. Die stilte in die aand. Hier kan jy wegkom van stads geraas."
"Heerlike dorp met 'n regte vakansie atmosfeer, baie om te sien en doen! Daar is net nie juis kruidenierswinkels nie, so pak maar die nodigste in vir die eerste aand of twee. Maar Clarens is 'n moet op elke bucket list! "
"Wonderlike dorpie wat ek vir enigeen wat bietjie uit die stad se gedruis wil wegbreek sal aanbeveel. Lekker vermaak vir groot en klein."
"Ons was by die lodges, padstalle, B&B's en restaurante baie vriendelik ontvang en dit het ons Oos-Vrystaat toer aangenaam gemaak. "
"Verskriklike lekker dorpie om te gaan ontspan veral met al die "craft beer" en self gestookde gin. Sal enige tyd weer gaan kuier vir die verskriklike vriendelike mense en die feit dat Clarens so naby die Golden Gate is maak dit soveel meer spesiaal."
"Baie interessante dinge om te sien en te doen in Fouriesburg, met vele verrassings. Het heerlike aandete geniet by Windmill Pub and Grill!"