Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3699 resensies.
"Ongerepte natuur en mooi dorp wat mens terugneem in tyd is net wat nodig is. Bly net so!"
"Restaurants cater more for breakfast, coffee times and afternoon eats and not many options available at night time. Titanic View are currently looking into serving evening home cooked meals as well which would be wonderful."
"Clarens verdien 'n besoek. Daar is baie interessante dinge om te sien en doen. Baie mooi geleë en naby Golden Gate."
"Natuurskoon slaan jou asem weg. Sit maar die hooglande van die Oos-Kaap op jou emmerskop-lysie. En vat die agterpaaie, jy sal nie spyt wees nie!"
"'n Pragtige dorpie met iets vir almal. Die pragtigste plein en vriendelike mense honed waterbakke oral en rus plek vir pa terwyl ma lekker inkopies doen. Golden Gate is pragtig die basoto cultural village, Fouriesburg kersies wat meer kan jy vra."
"As Clarens te besig word, geniet ons die staproetes by Golden Gate baie en dis net 20 km vanaf Clarens. "
"Enige iemand van jonk tot oud kan in Clarens kom rus. Pragtige staproetes en asemrowende uitsigte om te geniet. Clarens is een van ons gunsteling wegbreke. "
"Dis waarlik die Vrystaat se juweel. Dis enige toeris se droombestemming!"
"Clarens is die perfekte naweekwegbreek. Het heerlik gekuier met goeie kos en drinkgoed. Clementines het die beste "pork belly" en heerlike "gin on tap". The Posthouse kry die vriendelikste diens-toekennning, want selfs my klein hondjie was behoorlik op die hande gedra. Ons sal meer gereeld moet kom kuier."
"If you are looking for a relaxing weekend or a place to explore our beautiful countryside then Clarens is the place to visit. Beautiful local shops and many restaurants."
"Ons kan beslis Die Plaasstoep aanbeveel vir enige etes. Die kos is heerlik!"
"Oulike dorpie, beter as Ladybrand of Fouriesburg. Die Gin-gir restaurant is 'n moet."
"Ons het ervaar dat die kelners en kelnerinne se kliëntediens swak is en hulle vat lank om by mens uit te kom. Hele paar eetplekke wat sal moet werk daaraan."