Verified Reviews
Margate
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Margate
Rated 4.3 out of 5 based on 1048 reviews.
"Die hoogseisoen in Desember is nie die ideale tyd om te gaan as jy stilte soek nie. Die swemstrand was oorval deur mense op tweede Kersdag en hulle het die plek bemors. Die verkeer aan die Suidkus is ook baie besig in Desember en mens kan skaars winkels toe gaan."
"Baie lekker dorpie, maar sal in die toekoms voorsorg moet tref tot nuwejaarsdag. Meeste restaurante en eetplekke was toe, die verkeer was chaos met absoluut geen verkeersbeamptes of verkeer regulering nie."
"Uvongo het my verbaas, baie lekker plek en strand. Die Pavilion restaurant se kos en cocktails - baie lekker en dan moet nie van The View restaurant se kos en R&R jugs vergeet nie."
"Manaba is gerieflik geleë tussen Uvongo en Margate - Sonnestrale is 800 m van Margate strand af. Daar is ongelooflike rotse en 'n getypoel tussen in. En dit is nie so kommersieel en oorvol soos Uvongo en Margate nie. Manaba is die beste van beide wêrelde."
"Die dorp is naby alle belangrike fasiliteite. Die strandgebied was ordelik en nie oorvol nie en kindervriendelik."
"Close to everything, lots of restaurants. Crayfish Inn restaurant in Ramsgate just a few kilos down the road, the food was fabulous."
"Voel by tye effens onveilig, maar as jy van enige van die groter stede af kom, bring net die gewone, alledaagse waaksaamheid saam en dit voel steeds soos ‘n lekker vakansiedorpie."
"It's clean, no thieves and fresh breeze in the morning.It's safe and it's a place to be with or without family."
"Ons het dit geniet om te kyk hoe die bote in- en uitkom, en die strand self is baie mooi!"