Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1916 resensies.
"Mosselbaai is 'n stapdorp waar jy moet verwag om te rus. Nie baie plekke om kinders/tieners in die winter besig te hou. Die groot winkelsentrums moet per voertuig bereik word, jy kan nie stap nie. Baie stapplek en vreeslik baie koffie kuierplekke, vir my beslis die moeite werd."
"Pragtig, en 'n mooi kuierplek met baie geriewe, soos swem, zipline, inkopiesentrums en lieflike restsurante wat heerlike kos bedien."
"Dit is baie meer besig as wat ons voorheen ervaar. Dit brei vreeslik uit. Dit is nie meer 'n rustige vakansieplek nie."
"Mooi en lekker vakansiedorp met 'n rustige vakansiegevoel en naby ander dorpe."
"Mosselbaai bly maar 'n mooi dorp. Kom ten minste 2 keer per jaar daar, al is dit net vir 'n naweek."
"Ongelooflike potentiaal om een van die groot vakansieplekke te raak veral met al die akkommodasie langs of naby die see asook al die aktiwiteite wat jy kan doen."
"n Lekker vakansiebestemming en naby aan George, Stilbaai en vele meer. Omgewing is pragtig en weer matig."
"Mossel Bay is a beautiful place. I love the upgrades that were done. Nice place to vacay with family and friends."
"It was my first time to Mossel Bay, didn't see much this time around but will make a point of vacation time in Mossel Bay."