Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1916 resensies.
"Ek en my vrou hou graag vakansie in Mosselbaai, omdat dit vir ons 'n baie lekker vakansiebestemming is en ek moet erken dat ons van ons beste verblyf in Mosselbaai gehad het. Dit voel regtig asof die akkommodasie wat in Mosselbaai aangebied word net beter is as in die res van die land."
"Ons gaan gereeld Mosselbaai toe en ons hou besonder baie van die Mosselbaai en Hartenbos omgewing. Ek sal dit beslis aanbeveel as ’n vakansiebestemming."
"Dis ’n lieflike area, strande is skoon, vakansi gangers vriendelik, die restaurante se kos is fantasties en daar is baie om te doen. Nie een oomblik was daar ’n kind verveeld nie en dan Pirate Cocktail Bar het heerlike skemerkelkies."
"'n Lekker vakansiebestemming. Ek het my verkyk aan al die ou geboue daar en die uitsig oor die see was net fantasties."
"Mosselbaai sal altyd ons go to place wees. Fantastiese plek daar is baie aktiwiteite en mooi plekke om te sien."
"Baie teleurgestel dat die waterpark toe was (het juis gekom vir die warm swembad). Museum het al 2.30 toegemaak. Ou kerkhof ook toe. Viking Visfabriek ook toe."
"Mosselbaai en Hartenbos lê baie na aan ons harte. Ons ry altyd met 'n hartseer hart daar weg terug Kaap toe."
"Ek is baie mal oor Mosselbaai se weer. Sal enige seisoen daar kuier. Die plek het baie om te sien en doen."